24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Koste, lae pryse lei tot verliese

Okt 28 2011 08:28 Dewald van Rensburg

Maatskappydata

Aquarius [JSE : AQP]

Laaste verhandeling R11.10
Change R-0.09
% Verandering -0.80%
Volume 1.01m
Markkapitalisasie R5.22mjd

Laas Opgedateer: 21/05/2012 op 13:41. Aandeelpryse is met 15 min vertraag. Bronne: McGregor BFA

 

Verwante Artikels

Platinummark 'makeer die pas'

Aquarius koop Afarak Platinum

Aquarius vaar goed

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Aquarius Platinum het in die eerste kwartaal van sy boekjaar deurgeloop onder groter mynkoste, swak produksie en bedeesde pryse vir sy platinum-groepmetale (PGM’e).

Die onderprestasie van kontrakteurs en probleme om nuwe veiligheidsreëls na te kom, bly die groep teister, het hy gister in ’n verklaring gesê.

Aquarius se netto verlies van $91,8 miljoen is “verwring” deur ’n valuta-verlies van $94,3 miljoen weens die herwaardering van lenings tussen die eenhede van die groep. Die maatskappy se bedryfsvertoning in die kwartaal tot einde September was ook baie teleurstellend.

Sy toeskryfbare produksie van 109 828 fynonse PGM’e was 10% minder as ’n jaar ­tevore. Die gemiddelde prys per fynons PGM’e het op ’n jaargrondslag met 17% gestyg tot $1 450, maar dit het met 2% afgeplat sedert die vorige kwartaal. Die mynkoste per fyn­ons het met 28% opgeskiet weens die groot vaste koste en swakker produksie.

Dit is onwaarskynlik dat PGM-pryse binnekort sal verbeter, hoewel die vooruitsigte op me­diumtermyn goed lyk, het Aquarius gesê. Sy boor-en-skiet-siklus word ook ontwrig deur die toepassing van ’n nuwe standaard waarvolgens myntonnels se dakke beveilig moet word waarvoor toerusting uit die buiteland nie beskikbaar is nie.

Hy moet dus op ’n tydrowende manier aan die standaard probeer voldoen.

Die onderprestasie van die groep se primêre mynboukontrakteur, Murray & Roberts Cementation (MRC), het glo in die kwartaal “toegeneem”.

Produksie- en koste-teikens word voordurend misgeloop, terwyl veiligheidstandaarde en arbeidsverhoudinge onder peil is, sê Aquarius.

Ná die kwartaal het kontrakwerkers by die Everest-myn gestaak weens ’n erkenning-dispuut met MRC. Dié dispuut duur voort, maar Aquarius het self ingegryp om die werkers terug op hul pos te kry nadat die myn twee weke se produksie verloor het.

Hy sal die koste-grondslag van sy kontrak met MRC hersien en die verhouding met die kontrakteur aanpas sodat hy “toenemend kan ingryp”.

Aquarius se deurlopende probleme met sy kontrakteurs het al daarop uitgeloop dat hy kleiner kontrakteurs se werkmag eenvoudig self oorgeneem het.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...