24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Kumba-geld laat Kathu blom

Jan 08 2012 06:00 Antoinette Slabbert

Verwante Artikels

Kumba lyk swak in uitspraak

Kumba hou 100%

So het Sishen-drama ontvou

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kathu. – In Kathu is daar deesdae omtrent ’n motor vir elke kameel­doringboom.

Dié Noord-Kaapse myndorp, wat in ’n kameeldoringwoud geleë is, is op 15 Desember op sy kop gekeer toe Kumba, vir wie die meeste van die 10 000 inwoners werk, reuse-bedrae geld uitbetaal het aan permanente werknemers as deel van sy Envision-aandeleskema.

Sedertdien vloei die geld.

Die mense van Kathu het op groot skaal motors gekoop. Volgens mnr. Moses Grond, munisipale bestuurder, is die verkeersdruk nou só erg dat dit soggens enigiets van ’n halfuur tot ’n uur kan duur om die minder as 5 km myn toe af te lê. Dié wat vroeër die myn se busdiens gebruik het, ry nou met hul nuwe wiele. “Ons moet as gevolg daarvan die pad opgradeer en twee verkeersligte aanbring,” sê hy.

Daar is nie motorhandelaars in Kathu nie, maar handelaars van ­Kuruman, Kimberley en Upington het op ’n parkeerterrein neffens die plaaslike Fit-it kom uitstal, vertel mnr. Rudi Combrinck, eienaar van Fit-it. Dit het ingesluit agentskappe van Toyota, Ford, BMW, Volks­wagen, General Motors en Yamaha-motorfietse.

Een handelaar in tweedehandse motors met wie Sake24 gepraat het, het van Lichtenburg gekom met voertuie en het die afgelope drie weke 20 voertuie uit ’n bakkie op die sypaadjie verkoop – alles kontant.

Meubels verkoop ook soos soetkoek, vertel me. Elsabé Faber, bestuurder van Beares in Kathu. “Ons begrote inkomste vir Desember was R423 000 en ons staan al op meer as R1 miljoen. Net 3% daarvan is op krediet. Selfs ons tak in Kuruman waarvan die teiken R500 000 is, trek al by R840 000.” Faber sê die grootste uitdaging was om voorraad aan te vul en die aantal aflewerings van die pakhuis in Kimberley moes vermeerder word.

Sy sê ’n verkoopspersoon wat normaalweg R7 000 per maand verdien, se inkomste is danksy kommissie op die Kumba-verkope in Desember tot R28 000 verhoog.

Nie alle winkels in die dorp het ewe veel voordeel getrek nie, maar in die Kathu Village Mall het dit kookwater gegaan, sê me. Riekie Ter­blanche, sentrumbestuurder.

Vergeleke met die vorige Desember was daar verlede maand ’n toe­name van 19% in voetverkeer, sê sy. Dit is nie nuwe mense nie, maar dieselfde mense wat wéér en wéér daar kom koop.

Volgens voorlopige syfers het die bedrag wat in die sentrum aan brille en sonbrille bestee word, met 328% toegeneem vergeleke met die vorige Desember. Sowat 189% meer is aan juweliersware bestee en 132% meer aan skryfbehoeftes. Terblanche verduidelik die kategorie skryfbehoeftes sluit ook elektroniese ware soos kameras, skootrekenaars en PlaySta­tion- en Xbox-speletjiekonsoles in.

Die verkoop van mansklere het meer toegeneem (met 96%) as dié van vroueklere (54%) en die omset van restaurante en kitskosverskaffers het feitlik verdubbel.

Mnr. Rudi Bothma, bestuurder van Superspar in die sentrum, sê dié kruidenierswinkel se omset het met 53% gestyg en die Tops-drankwinkel langsaan s’n met 67%.

Me. Annette Schoultz sê die DStv-installasies wat hul familie-onderneming, J&R Computers, doen, het verlede maand dramaties toegeneem. Pleks van die normale 30 installasies per maand was daar net tussen 15 Desember, toe die geld uitbetaal is, en Kersfees 49 installasies. Boonop het die winkel 20 hoëdefinisie- persoonlike video-opnemers (HD PVR’e) verkoop – iets waarna daar normaalweg weinig vraag is.

Baie inwoners is bekommerd dat Kumba-werknemers hul geld gaan mors. Die meeste lede van die National Union of Mineworkers (NUM) by Kumba verdien sowat R5 000 per maand, het mnr. Lesiba Seshoka, NUM-woordvoerder, vroeër gesê.

Die bestuurder van een van die kleiner banke in Kathu, wat vanweë maatskappybeleid anoniem bly, sê egter die bedrag wat in Desember by dié bank belê is, was drie keer meer as in ’n normale maand.

Baie Kumba-werkers het ook hul agterstallige dienstegeld by die Gamagara-munisipaliteit gaan vereffen, sê Grond. Die munisipale raad het vooraf reëlings daarvoor met wan­betalers getref.

Hy het een rekening aan Sake24 getoon waarop meer as R18 000 uitstaande was, maar sedert die Kumba-uitbetaling ten volle vereffen is. Dié betalings het die raad se kontantvloei verbeter.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...