24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Kumba hou 100%

Des 19 2011 07:00 Jan de Lange

Verwante Artikels

Kumba-werkers kry tamaai bonus

Kumba-Kerstyd

So het Sishen-drama ontvou

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Die omskakeling van Sishen se mynreg in Mei en Junie 2008 was vir ’n mynreg vir 100% van die Sishen-myngebied, het regter Ray Zondo Donderdag in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria bevind.

Zondo het in die verkorte weergawe van sy uitspraak in die saak – een van die grootste en duurste in die land se regsgeskiedenis – gesê die bevinding van hom is “ ’n belangrike pilaar” van die bevele wat hy maak in dié saak.

Hy het gelas dat ’n prospekteerreg in 21,4% van Sishen wat die minister van minerale bronne aan Imperial Crown Trading 289 (ICT) toegeken het, tot niet gemaak word, insluitende die notariële registrasie daarvan.

In die verkorte weergawe van sy uitspraak, het hy aangehaal uit die mynregakte wat die departement van minerale bronne in Mei en Junie 2008, bykans ’n jaar voordat die mynreg kragtens die ou wetgewing verval het, aan die Sishen Iron Ore Company (SIOC) toegeken het.

“Die minister skakel die ou-orde-reg om en ken aan die houer daarvan toe die enkel- en eksklusiewe reg om te myn en die minerale te herwin in, op en onder die myngebied,” lui die teks van die mynreg-akte wat in die Noord-Kaapse akteskantoor in Kimberley geregistreer is.

“Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat die teks van die omgeskakelde mynreg aan die eerste applikant ’n volle 100%-mynreg gegee het. Dis ’n administratiewe besluit – reg of verkeerd.

“Totdat daardie besluit tersyde gestel word, is geen ander party geregtig om ’n mynreg te kry op die genoemde minerale op die genoemde grond nie,” het Zondo in sy verkorte uitspraak gesê.

Dit skakel ICT se aanspraak op die mineraleregte in Sishen heeltemal uit. Dié maatskappy, waarin vertrouelinge van pres. Jacob Zuma die grondliggende aandeelhouers is, het egter reeds te kenne gegee dat ICT teen Zondo se uitspraak gaan appelleer, selfs nog voordat Zondo se volle uitspraak met behoorlike redes daarvoor bekend gemaak is.

Zondo het geen melding gemaak van getuienis van vervalsing en bedrog in die aansoek wat ICT op 4 Mei 2009 inderhaas by die departement van minerale bronne ingedien het om prospekteerregte op 21,4% van Sishen te kry nie. Hy maak egter eers môre die volle uitspraak bekend.

Die volle implikasies van die uitspraak sal dan eers duidelik word, maar sy gewig wat aan die teks van die notariële dokument gee, steun die argumente van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) dat Amsa nie sý ou-orde-regte van 21,4% in Sishen kon omskakel nie omdat die volle regte reeds aan SIOC toegeken is.

Die kans is baie goed dat ander partye in die geding – die minister en SIOC (Kumba Iron Ore se bedryfsmaatskappy) ook teen Zondo se uitspraak sal appelleer.
As Zondo se uitspraak egter in ’n hoër hof gehandhaaf word, gaan die gevolge daarvan veel verder strek as ICT wat verloor in sy opportunistiese poging om ’n belang van 21,4% in die wêreld se grootste ysterertsmyn te kry.

Dit sal ook enorme gevolge inhou vir die private arbitrasiedispuut tussen Amsa en SIOC/Kumba oor die verskaffingskontrak van 6,25 miljoen ton ystererts per jaar deur SIOC aan Amsa.

Volgens die kontrak moet Amsa die erts teen kosprys kry plus 3%, maar SIOC/Kumba het die kontrak opgesê omdat hy meen dat Amsa se mineraleregte in Sishen verval het en die mineraleregte aan die verskaffingskontrak gekoppel is.

Amsa meen dat hy nie die mineraleregte kon behou nie omdat die jongste wetgewing nie vir die onderverdeling van mineraleregte voorsiening maak nie. Dié argument word in groot mate ondersteun deur die uitspraak wat Zondo Donderdag gelewer het.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...