Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Kumba kom sleg
daarvan af in die volledige uitspraak van regter Ray Zondo in die regstryd om
mineraleregte in die waardevolle Sishen-ysterertsmyn.
Zondo het onder meer bevind dat Kumba
dubbele standaarde toepas in sy argumente oor die saak wat lui dat die
belangrikste partye in die saak, Kumba,
ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) en die departement van mineralebronne die
ingewikkelde en duur hofsaak kon voorkom het deur bloot met mekaar te
praat.
“Dis ’n ongewone bevinding omdat daar bevind word ’n party wat
ontken dat hy ’n reg van 100% het, volgens die bevinding wel daardie reg het,”
sê Zondo in sy volledige uitspraak wat eergisteraand bekend gemaak is.
Dit is die gevolg daarvan dat Kumba
en Amsa nie met mekaar gepraat het oor die omskakeling van hul ou-orde-regte in
Sishen nie en die versuim van die departement van mineralebronne om met Amsa te
praat voordat hy besluit het om ’n enkele en eksklusiewe mineralereg aan Kumba toe te ken, lui die uitspraak.
“Al die betrokke partye kon die saak ook beter gehanteer het,” sê
Zondo.
Amsa, wat in ’n laat stadium tot die hofsaak toegetree het, het ’n
verklarende bevel gevra dat die departement van mineralebronne ’n mineralereg
van 100% in Sishen aan Kumba toegeken het.
Kumba ontken dit en sê die
departement het bloot sy bestaande 78,6%-mineralereg omgeskakel na ’n
nuwe-orde-mineralereg van 78,6%.
Zondo stem met Amsa saam en het dié bevel toegestaan.
Dit beteken dat Amsa nie kon aansoek doen om die belang van 21,4%
in die myn se mineraleregte wat Amsa kragtens die vorige mineralewetgewing besit
het nie.
Kumba het tot dusver aangevoer dat
Amsa se regte verval het en dat Kumba se
verskaffingskontrak aan Amsa om dieselfde rede verval het.
Kumba het dié ooreenkoms, wat hom verplig om
6,25 miljoen ton ystererts per jaar aan Amsa te lewer, in Februarie verlede jaar
gekanselleer.
Dit moet ná die hofsaak in ’n private arbitrasie bereg word.
Die verklarende bevel ten gunste van Amsa sal teen Kumba gebruik kan word in die private arbitrasie. Amsa
sal nou in die arbitrasie kan aanvoer dat die mineralereg geskei word van die
verskaffingsooreenkoms, soos by talle ander myne in Suid-Afrika die gebruik
is.
Zondo wys daarop dat Kumba nie
verklaar hoekom hy 100% van die Sishenmyn se inkomste behou, maar volgens Kumba net 78,6% van die mineralereg besit nie.