24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Kumba stoom voort

Feb 10 2012 07:49 Jan de Lange

Verwante Artikels

Kumba-geld laat Kathu blom

Kumba lyk swak in uitspraak

Kumba hou 100%

So het Sishen-drama ontvou

Kumba-Kerstyd

Kumba-werkers kry tamaai bonus

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Kumba het sy wesensverdienste verlede jaar met 17% opgestoot tot R17?miljard ondanks ’n skerp styging in sy bedryfskoste weens ontwikkelings in die Sishen-myn wat produksie in dié wêreldklasbate strem.

Die groep het ’n rekord-uitvoersyfer van 37,1?miljoen ton behaal danksy produksie van 4,3?miljoen ton uit die nuwe Kolomela-myn by Prieska wat eintlik vanjaar eers sou begin produseer.

By Sishen het produksie verlede jaar met 10% gedaal weens die beplande ontwikkeling van die westelike deel van die myn, waar die ertsliggaam skerp daal en heelwat meer afval dus uitgemyn moet word om die ystererts bloot te lê.

Die stroopkoers (afval verwyder teenoor erts geproduseer) het vanjaar by Sishen gestyg van 2?ton tot 2,6?ton en gaan in die volgende drie jaar waarskynlik toeneem tot 3,5?ton, het mnr. Chris Griffith, uitvoerende hoof, gister gesê.

Dit het Sishen se eenheidskoste verlede jaar met 35% laat styg tot R150 per ton. Daarvan het die hoër stroopkoers R10,82 per ton bygedra en insetkoste wat hoër as inflasie was, het met R12,74 toegeneem. Produksie het met 6% gedaal, wat die eenheidskoste met nog R8,87 laat styg het.Kumba het ’n jaar gelede al gewaarsku dat die verhoogde stroopkoers en styging in produksiekoste gaan opduik omdat hy genoodsaak is om die westelike deel van die myn, waar die erts heelwat dieper lê, te begin ontgin.

Dit gaan nog drie jaar duur, maar Kolomela, wat einde verlede jaar 1,5?miljoen erts geproduseer het, sal vanjaar 3,5?miljoen ton lewer en daarna 9?miljoen ton per jaar.Kumba het die afgelope drie jaar deurlopend sy wesensverdienste verhoog, maar dit lyk asof dié momentum vanjaar in gevaar is weens die ontwikkelingswerk by Sishen en laer ysterertspryse wat laat verlede jaar gedaal het van $170 per ton tot sowat $120 per ton weens die ekonomiese krisis in Europa en die afswaai in Asië.

Griffith sê Kumba sal vanjaar sy uitvoerproduksie met nog 3?miljoen ton verhoog danksy Kolomela. Hy verwag ook dat pryse teen einde vanjaar effens sal herstel.“Selfs teen $140 per ton as gemiddeld vir die jaar sal ons ’n klomp geld maak,” sê hy.

By die Thabazimbi-myn, wat nou die einde van sy leeftyd nader, het produksie met 55% gedaal tot 900?000?ton weens die ontwikkeling van die myn se laaste groef.Kumba het verlede jaar 6,4?miljoen ton aan die binnelandse mark gelewer. Dis 8% minder as die vorige jaar weens laer vraag deur ArcelorMittal.

 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
2 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...