24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Mynbouproduksie het gedaal

Jan 18 2012 07:00 Dewald van Rensburg

Verwante Artikels

Mynbouproduksie kalwer weg

Sektor vir mynbou vat hande

M-moratorium verstryk eersdaags

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Suid-Afrika se mynbouproduksie was in November verlede jaar weer eens swakker as ’n jaar tevore, ondanks ’n wesenlike verbetering teenoor Oktober.

In die 11 maande tot einde November was mineraalproduksie 0,1% laer as ’n jaar tevore, het Statistieke Suid-Afrika (SSA) gister bekend gemaak. Veral ­diamantmyne het sleg afgesteek, met ’n inkrimping van 17,2% in produksie.

In die 11 maande was goudproduksie op ’n jaargrondslag 3,8% laer. Die enigste noemenswaardige groeisektor in dié tydperk was mangaan.
In die loop van die jaar het nuwe myne in die Noord-Kaap dié sektor met 21,4% laat groei.

Die platinummyne het 0,8% meer geproduseer.

In die drie maande tot einde November het mineraalproduksie met 2% gedaal, sê SSA. Dit was grotendeels weens die swakheid van die platinumsektor, wat vroeër in die jaar nog die belofte van groei ingehou het, maar uiteindelik 9,9% minder geproduseer het.

Die waarde van mineraal­verkope was in Oktober sowat R33 miljard, het SSA gesê. Dit was seisoenaal aangepas 3,4% minder as in September, maar op ’n jaargrondslag 22,1% meer as in Oktober 2010.

In die tien maande tot en met Oktober 2011 was die mineraalverkope altesame R300,6 miljard werd, ’n 22,3%-verbetering op ’n jaar tevore.

Die waarde van ystererts-verkope het met 50% gespring en in die tien maande het dit R51,7 miljard beloop.

Steenkoolverkope se waarde het met 19,4% tot R70,65 miljard gegroei. Dit is die land se enkele waardevolste mineraal.

Verkope van platinumgroepmetale was in die tien maande 14,3% beter op R69,1 miljard en goudverkope het met 24% tot R53,8 miljard opgeskiet.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...