24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Opskortings kan groeiplanne knou

Feb 09 2012 06:00 Dewald van Rensburg

Verwante Artikels

Mynproduksie ly na sterftesluitings

Lonmin verloor appèl

Helter-smelter

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Die skerp toename in die aantal veiligheidsverwante opskortings by Suid-Afrikaanse myne kom Lonmin so duur te staan dat dit die bekostigbaarheid van sy groeiplanne bedreig, het mnr. Ian Farmer, uitvoerende hoof van die platinumgroep, gister op die jaarlikse Mynbou-indaba gesê.

Lonmin kon in die laaste kwartaal van verlede jaar sowat 177 000 ton rots nie myn nie weens art. 54-opskortings, vergeleke met 285 000 ton in die hele boekjaar tot einde September.

Dit was ondanks ’n heelwat beter veiligheidsvertoning, met een sterfgeval tot dusver teenoor ses die vorige boekjaar.

Die groep wil in die huidige boekjaar kapitaalbesteding van sowat $450 miljoen doen, maar dit plaas hom weer in negatiewe kontantvloei, het Farmer gesê. Die groep het in die 2011-boekjaar sy eerste positiewe kontantvloei in drie jaar behaal.

Die ontwrigting weens opskortings is ’n kernbepaler van die bekostigbaarheid van die beleggings, het hy gesê. “Ons het die kwessie op verskeie vlakke met die departement van minerale bronne aangeroer.”

Volgens Farmer verkies Lonmin ’n “vennootskap”-benadering eerder as die departement se “strafbenadering”.

Me. Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het egter Dinsdag op die indaba gesê haar department gaan nie sy gebruik van art. 54 van die Wet op Veiligheid en Gesondheid in Myne hersien nie en trouens die inspeksie van platinummyne verskerp.

Die arbeidslandskap sal volgens Farmer geneig tot stakings bly “totdat die politiek van werkloosheid bo die politiek van die werkendes verhef word”.

“Ons verhoudinge met vakbonde is in die algemeen goed, maar die Association of Mineworkers & Construction Union (Amcu) is ’n onbekende, nuwe element wat ons in die toekoms sal moet hanteer,” het hy gesê.

Dié vakbond is in 2003 deur geskorste lede van die National Union of Mineworkers (NUM) gestig en blyk by te dra tot die probleme by Impala Platinum se myne in Rustenburg.

Die bedryf is ook bekommerd oor die verskillende persepsies van die vordering met transformasie, het Farmer gesê.

Lonmin het opsies op die tafel om die 26%-teiken teen 2014 te haal. Dit sal behels óf ’n groter belang vir sy huidige vennoot, Incwala, wat deur mnr. Cyril Ramaphosa se Shanduka beheer word, óf breër skemas.

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...