24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Platinummark 'makeer die pas'

Aug 12 2011 09:56 Dewald van Rensburg

Verwante Artikels

Aquarius koop Afarak Platinum

Hoër platinumprys help Aquarius wins oplewer

Aquarius vaar goed

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Aquarius Platinum is nóg positief nóg negatief oor die vooruitsigte vir die platinummark.

“Ons dink dinge gaan eenvoudig voortdrentel,” het mnr. Stuart Murray, uitvoerende hoof, gister by die bekendmaking van Aquarius se resultate vir die jaar tot einde Junie gesê.

Soos die land se ander platinumprodusente ly Aquarius, op drie na Suid-Afrika se grootste platinumgroep, onder die sterk rand wat die herstel van platinumpryse sedert die ineenstorting van 2008 grootliks ondermyn.

Die pryse van platinumgroepmetale (PGM’e) het in die boekjaar in randterme met ’n skamele 10% verbeter teenoor die styging van 18% in die dollarprys.

Mynkoste het daarenteen in Suid-Afrika met 12% gestyg en by die groep se Mimosa-myn in Zimbabwe, wat in Amerikaanse dollar boekhou, met 14%.

Die wisselvalligheid van PGM-pryse is ongehoord “en dit maak ons baie versigtig”, sê Murray.

Aquarius het kort voor die einde van die boekjaar aangekondig dat hy sy Blue Ridge-projek in Limpopo opskort omdat die projek teen die huidige platinumpryse eenvoudig nie volhoubaar is nie.

Dié myn sou teen 2013 ’n produksievlak van 140 000 fynonse PGM’e bereik het.

Aquarius het om dieselfde rede ook die bedrywighede by sy Marikana-myn se no.1-skag opgeskort.

Die afskrywing van Blue Ridge het ’n gat van $159,8 miljoen in die inkomstestaat gebrand wat neerkom op ’n netto verlies van $10,4 miljoen.

Sy wins voor belasting, met die nie-kontantafskrywing buite rekening gelaat, was $25,4 miljoen – ’n daling van 56,5%.

Die groep se toeskryfbare produksie het met 15% verbeter tot 487 405 fynonse PGM’e. Dit was hoofsaaklik weens die hervatting van bedrywighede by die Everest-myn wat in 2010 ná ’n rotsstorting opgeskort is.

Murray het voorspel dat Aquarius in die huidige boekjaar nog ’n verbetering van 15% in produksie, tot 550 000 fynonse, sal behaal.

Aquarius ontgin grotendeels in vennootskappe en net Everest se produksie is ten volle aan hom toeskryfbaar.
Die deurlopende krag van die rand is slegte nuus vir voornemende ontwikkelaars van nuwe platinummyne in Suid-Afrika, sê Murray.

“Dit is moeilik om ’n aansporing te vind om nuwe vertikale skagte in die land grawe. Nuwe ontwikkelings is onwaarskynlik as aandeelhouers nie diep in hul eie sak wil grou nie.”

Die mees noemenswaardige ontwikkelinge by Aquarius is deur en deur op mediumtermyn gemik. Hy het twee groot verkrygings naby sy bedrywighede gedoen.

Die verkryging van Booysendal Suid, langs die Everest-myn, by Northam Platinum vir sowat R1,2 miljard kan dié myn se lewensduur met 30 jaar verleng. Aquarius beplan om Booysendal Suid deur Everest se infrastruktuur te ontgin, met sowat R850 miljoen se kapitaalbesteding.

Dié transaksie sal eers in die tweede helfte van 2012 voltooi word, het die groep in ’n verklaring gesê.

Aquarius het ook in die boekjaar $109,7 miljoen betaal vir ­Afarak Platinum asook dié se Hoedspruit-eiendom naby Aquarius ­se Kroondal- en Marikana­bedrywighede.
 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...