24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

'Staat gaan myne nie vat'

Feb 08 2012 06:01 Dewald van Rensburg

Verwante Artikels

Politiek 'strem myne'

'Regering bewus van skade'

Redes vir die nasionalisasie-debat

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Suid-Afrikaanse myne gaan nié genasionaliseer word nie, het me. Susan Shabangu, minister van minerale bronne, gister in haar jaarlikse toespraak op die Mynbou-indaba hier gesê.

Met dié stelling het sy hopelik finaal ’n einde aan die nasionaliseringsdebat gemaak.

Volgens Shabangu sou die nasionaliseringsdebat nooit eens plaasgevind het nie, as die myne nie nagelaat het om op maatskaplike nood in hul omgewings te reageer nie, het sy bygevoeg.

“Ons het in die debat oor nasionalisering altyd volgehou dit is nie die regering se beleid nie. Die ANC sal ’n beleid aanvaar wat in Suid-Afrika se beste belang is,” het sy voor ’n vol saal in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum gesê.

Dit lyk asof die regering doodseker wil maak dat dié boodskap insink nadat mnr. Trevor Manuel, minister van beplanning, die vorige dag ook op die indaba beklemtoon het nasionalisering is nie ’n opsie nie.

Ook volgens die voorstelle van die ANC se studiegroep wat staatsingryping in die mynbousektor moes ondersoek het, en wat die week uitgelap is, word nasionalisering nie as ’n opsie beskou nie.

Hoewel die amptelike einde van die nasionaliseringsdebat verwelkom is, het die kommer oor die regering se planne vir die mynbedryf nie heeltemal bedaar nie.

Onder die voorstelle wat die groep onafhanklike akademici in die studiegroep aan die regerende party voorgelê het, is ’n kapitaalwins-belasting op die verkoop van mineraleregte en ’n meevaller-belasting as mynwinste ’n voorafbepaalde drempel oorsteek.

Dit help nie kommer oor nasionalisering word bloot vervang deur kommer oor nuwe super-belastings nie, het mnre. Manus Booysen en Peter Leon, mynregkenners by die firma Webber Wentzel, in ’n verklaring gesê.

Shabangu het op vrae hieroor geantwoord dis nog net ’n navorsingstuk en dat dit nog deur die ANC se interne prosesse moet gaan.
“Ons soek ’n belasting wat mededingend met ander mynboulande sal wees.”

Mnr. Godfrey Gomwe, uitvoerende direkteur van Anglo American in Suid-Afrika, het net ná Shabangu se toespraak gevra dat belanghebbendes “eens en vir altyd, en op die regte manier, die onsekerheid wat die nasionaliseringsdebat geskep het, opklaar”.

Shabangu het in haar toespraak ook aangekondig dat die land se veredelingstrategie amper gereed is nadat die aanvanklike, maar betreklik vae, raamwerk daarvoor verlede Junie bekend gemaak is.

“Dit is nie ons voorneme om myne te dwing om te vervaardig nie, maar eerder om te keer dat toegang tot hulpbronne vir plaaslike vervaardigers ’n probleem word.”
Die planne vir die ystererts- en staal-waardeketting asook die steenkool- en uraan-ketting is gereed terwyl die res, vir platinum, titaan en juweliersware, eersdaags voltooi sal word, het Shabangu gesê.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...