Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Johannesburg. – Impala Platinum sê as dit nie vir die erge
intimidasie is nie, sou meer mynwerkers van die groep se Rustenburg-afdeling al
hul werk teruggevra het.
Me. Alice Lourens, woordvoerder van die myn, het gistermiddag aan
Sake24 gesê die heraanstelling van stakende mynwerkers wat wil
terugkeer, vorder, maar ’n probleem met intimidasie verhinder in ’n groot mate
dat meer werkers terugkeer. Lourens kon nie sê hoeveel werkers reeds
heraangestel is nie.
Die staking wat rotsboorders weens
salarisse begin het, duur reeds twee weke en Lourens sê die myngroep kan nie voorspel hoe lank die onrus nog kan
voortduur nie.
Mnr. David Brown, die myngroep se
uitvoerende hoof, sê die mynmaatskappy verloor daagliks R65 miljoen aan
inkomste.
Die probleme spruit uit mededinging tussen twee vakbonde – die
gevestigde National Union of Mineworkers (NUM) en die Association of Mining and
Construction Union (Amcu), wat die afgelope drie jaar vinnig groei.
’n Stok is vroeër in die speke gesteek met stakers wat nie die
arbeidsonrus deur die NUM wil laat besleg nie. Brown sê die pogings om die
arbeidskwessie te besleg, word deur die weiering benadeel.
Brown het benadruk dat net die NUM die “wettige” verteenwoordigende
liggaam vir die werkers is en nie Amcu nie.
Impala het eergister laat blyk dat die rotsboorders nie net staak
oor die salaris-aanpassing wat hul myner-kollegas ontvang het nie.
Die NUM het vroeër ’n salaris-aanpassing vir rotsboorders verwerp,
sê die platinumgroep.
Impala het tydens verlede jaar se loononderhandelinge ’n spesiale
aanpassing vir rotsboorders aangebied, maar die NUM het dit verwerp met die
argument “dat hul groepering nie spesiale behandeling” regverdig nie.
Dit strook met die NUM se argument dat hy ook nie die spesiale
aanpassing vir myners gesteun het nie, maar eerder wou hê dat die groep enige
beskikbare geld vir hoër vergoeding onder alle werkers versprei.
Bewerings dat ’n persoon in die onrus dood is, kon nog nie positief
met die onrus verbind word nie, sê hy.