Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Coal of Africa (CoAL) het reeds
3 200 ton steenkool by sy Vele-myn geberg en is besig om sy verwerkingsaanleg by
die nuwe myn in bedryf te stel. Die myn het op 20 Desember met produksie
begin.
Die “droë” ingebruikneming van die verwerkingsaanleg (waartydens
die aanleg finale ingenieurstoetse ondergaan) is pas afgehandel en formele
ingebruikneming is aan die gang, het CoAL gister
in sy jongste kwartaalverslag gesê. By die groep se
Woestalleen-steenkooleindpunt en sy Mooiplaats-steenkoolmyn het produksie egter
met 9,7% gedaal tot 1,083 miljoen ton. CoAL het in
die kwartaal ook $106 miljoen verkry met ’n plasing van 130 miljoen aandele.