24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Xstrata kan neus optrek

Feb 03 2012 01:14 Jan de Lange

Verwante Artikels

Xstrata verdeel esop-geld gelyk

Xstrata-staking is verby

Xstrata en NUM kry sewe dae

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Glencore het uiteindelik stappe gedoen om met Xstrata saam te smelt, maar ontleders twyfel of dié samevoeging nog soveel sin maak soos tydens Glencore se notering nege maande gelede.

Xstrata het gisteroggend bekend gemaak dat Glencore hom met voorstelle oor ’n samesmelting genader het – kort nadat bespiegelings daaroor op finansiële nuusdienste in Europa begin kop uitsteek het.

Die nuus het albei se aandeelprys vinnig opgejaag. Glencore het die dag 5,53% hoër afgesluit en Xstrata 9,74% hoër.

Glencore besit reeds 34% van Xstrata en het nou volgens die ­reëls van die Londense sekuri­teite-owerhede tot einde Februarie om ’n formele aanbod vir die res van Glencore te doen – ’n stap wat tot ’n mynreus met ’n ­markwaarde van R600 miljard (£50 miljard) sal lei.

Xstrata het twee jaar gelede ’n soortgelyke “samevoeging van gelykes” met Anglo American voorgestel, maar Anglo het nie belang gestel nie. Sedertdien is algemeen aanvaar dat Xstrata en Glencore ’n aanbod vir Anglo sal doen sodra hulle saamgesmelt het. Die nuus gisteroggend het dus ook onmiddellik Anglo se aandeelprys met 4,3% opgejaag tot R343,69 – die hoogste vlak in nege maande.

Maar namate die nuus verteer is, het ontleders bedenkinge uitgespreek oor die samesmelting, veral omdat Glencore se aandeelprys maar gesukkel het sedert sy notering. Xstrata het daarenteen die verwagtinge oortref en die afgelope vier maande het sy prys-verdienste-veelvoud (p/v) van 4,5 tot 10 toegeneem.

Glencore verhandel dus op ’n p/v-grondslag teen ’n korting vergeleke met Xstrata. Dit beperk sy moontlikhede om ’n premie vir Xstrata-aandeelhouers aan te bied.
Glencore se probleem is dat die mark steeds sukkel om ’n makelaarsmaatskappy te waardeer teenoor ’n mynmaatskappy. Om Xstrata-aandeelhouers te oortuig van die waarde in Glencore sal waarskynlik die belangrikste struikelblok wees vir die beoogde samesmelting.

Dit is glo selfs onder topamptenare van Xstrata ’n probleem. Van hulle is uiters wantrouig oor die waarde van Glencore. Die afgelope maande is in verskeie oorde in Xstrata gesê dat hy Glen­core ontgroei het.

’n Tweede probleem met ’n samesmelting is die topbestuur. Die twee skatryk voormalige Suid-Afrikaners wat die twee maatskappye uit Switserland opgebou het tot wêreld­rolspelers in hulpbronmarkte, mnre. Ivan Glasenberg van Glencore en Mick Davis van Xstrata, sal moeilik vir mekaar terugstaan.

Davis het Glencore sowat tien jaar gelede oorreed om sy steenkoolbelange in Suid-Afrika en Australië aan Xstrata te verkoop.

Nog ’n probleem is dat ’n samesmelting mededingingsprobleme gaan skep, veral vir verhittingsteenkool, koper en ferro­allooie soos ferrochroom.
Carroll herstel ná ongeluk

Me. Cynthia Carroll, uitvoerende hoof van Anglo American, “herstel goed” van ’n heup-operasie ná ’n perdry-ongeluk die naweek in Londen. Mnr. Pranill Ramchander, Anglo American se woordvoerder in Suid-Afrika, sê Carroll se dokter het haar aangeraai om nie binne die volgende twee weke oorsee te reis nie. Dit beteken dan ook dat Carroll nie vanjaar se Mynbou-indaba in Kaapstad (van 6 tot 9 Februarie) sal bywoon nie.

Volgens Ramchander is daar reeds planne beraam om Carroll se plek te vul op haar oorsese afsprake. Sy sal egter na verwagting teen einde volgende week weer by die maatskappy se hoofkantoor in Londen werk. – Anél Viktor en Bloomberg
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...