Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Die staking oor Xstrata se voorgestelde winsdelingskema word vanoggend
opgeskort.
Die stakers het gister gestem om terug werk toe te keer, maar hulle
behou hulle die reg voor om die staking te hervat
as die dispuut met die National Union of Mineworkers (NUM) nie teen volgende
Woensdag opgelos is nie, het mnr. Lesiba Seshoka, NUM-woordvoerder, aan Sake24 gesê.
Dié staking, wat veral die groep se
steenkoolmyne verlam, het met ingang verlede week begin.
Die departement van minerale bronne het vandeesweek ingegryp om
onderhandelings tussen Xstrata en die NUM te laat
hervat met ’n sperdatum van sewe dae om ’n oplossing te vind.
Daar is onderneem dat die uitkoms “sal strook met regeringsbeleid”
wat klaarblyklik aandui dat die departement verwag die skema sal aan
bemagtigingstandaarde voldoen. Dit is wat die NUM soek en wat Xstrata probeer vermy want dit sou ’n gelyke aandeel van
die winsdeling vir alle werkers beteken eerder as die hoër dividende vir hoër
beroepsvlakke wat Xstrata voorstel.