Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Johannesburg. – Xstrata het ingestem
om sy werknemer-aandeleskema (esop) gelykop te
verdeel. Hiermee het hy sy dispuut met die
National Union of Mineworkers (NUM) beëindig.
Die myngroep het gister ’n ooreenkoms met die NUM bereik ná
bemiddeling deur adv. Sandile Nogxina, voormalige direkteur-generaal van
minerale bronne.
Die dispuut het twee weke gelede op ’n staking uitgeloop wat Xstrata se bedrywighede oor die land heen tot stilstand
gebring het. Die NUM het die staking, wat hy op 25 Oktober opgeskort het
hangende die bemiddeling, gister beëindig.
Die departement van minerale bronne het die versekering gegee dat
Xstrata volle bemagtigingskrediete vir die esop verdien omdat dit voldoen aan die vereistes van die
mynbouhandves.
Al sy filiale in Suid-Afrika – buiten die chroomfiliaal – voldoen
aan die vereiste van 26% swart eienaarskap wat die handves stel.
Merafe is met ’n belang van 20,5% sy bemagtigingsvennoot in die
chroomfiliaal.
“Die esop-ooreenkoms sal nou meebring
dat die chroomfiliaal ook ten volle aan die eienaarskapvereistes voldoen,” het
mnr. Songezo Zibi, woordvoerder van Xstrata,
gister gesê.
Xstrata, wat ook die grootste
produsent van ferrochroom ter wêreld is, wou die begunstiging in die esop aanvanklik op 14 verskillende posvlakke verdeel, maar het dit ná besware van verskeie vakbonde
tot drie posvlakke verminder.
Dit was egter ook vir die vakbonde onaanvaarbaar. Hulle het daarop
aangedring dat werkers almal gelyk begunstig word.
Die NUM was die enigste vakbond wat só sterk daaroor gevoel het dat
hy tot ’n staking oorgegaan het. Ná die sesde dag van die staking het Xstrata gedreig dat hy die esop-skema gaan kanselleer.
Me. Susan Shabangu, minister van minerale bronne, het daarna
ingegryp en Nogxina gevra om as bemiddelaar op te tree.