Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Johannesburg. – Deïndustrialisasie in Suid-Afrika is ’n
selfopgelegde stelsel.
“Ons kan die Chinese of die Indiërs
die skuld (daarvoor) gee, maar ons behoort dit nie te doen nie.”
Só het dr.
Iraj Abedian, uitvoerende hoof van Pan-African
Investment and Research Services (Pairs), gister gesê.
Hy was een van die sprekers met die ondertekening van ’n
onderneming deur Trots Suid-Afrikaans, die vervaardigingskring en die National Union of Metalworkers of South Africa
(Numsa) om plaaslik-vervaardigde produkte en
dienste aan te koop in ’n poging om ondernemings te laat groei en werk te skep.
Dié stap volg kort op die hakke van die regering se onderneming om
produkte in gespesifiseerde sektore plaaslik aan te koop.
Abedian sê hoewel die plaaslike vervaardigingsektor die afgelope
dekade gegroei het, het sy bydrae tot die bruto binnelandse produk (BBP) met
betrekking tot dié van ander sektore in die ekonomie gekrimp.
Hy meen dit kan aan swak
makro-ekonomiese beleid in dié tydperk toegeskryf word.
Pairs voltooi tans ’n studie in opdrag van die vervaardigingskring
wat die vermenigvuldigereffek van die plaaslike vervaardigingsektor op die
Suid-Afrikaanse ekonomie bepaal.
Ingevolge die bevindings van die studie is die vervaardigingsektor
naas die landbousektor waarskynlik die belangrikste sektor wat groei in die BBP kan
aanwakker, werk kan
skep en
uitvoer-inkomste kan verhoog. Volgens die studie
kan ’n belegging van R1 in die vervaardigingsektor
lei tot ’n toename van R1,13 in die BBP. ’n Belegging van R1 miljoen kan drie bykomende en
volhoubare werkgeleenthede skep.
Abedian meen nuwe beleid wat die vervaardigingsektor ondersteun,
sal nie net dié sektor bevoordeel nie, maar ook sektore soos mynbou en landbou. Geen poging tot herverdeling gaan die soort
ongelykheid wat Suid-Afrika het op lang termyn uitroei nie, sê hy. Hy meen ’n
hernieude fokus op vervaardiging moet eerder dié probleem die hoof bied.
Mnr. Irvin Jim, hoofsekretaris van Numsa, het bygevoeg dat die
deregulering van handel dikwels ondersteun word om “internasionale
mededingendheid te bevorder”.
Hy meen dié toedrag van sake het gelei tot grootskaalse aankope van
oorsee en “invoervloede” van China en ander lande wat hul heffings en tariewe hoog hou om hul nywerhede te beskerm. Dié
stap lei plaaslik tot werkverliese.
Jim het gemaan dat nywerhede wat deur belastingbetalersgeld
ondersteun word, soos motorvervaardigers, nie dié verskoning moet gebruik om
goedkoop komponente van Asië te bekom en in die
proses die plaaslike komponentvervaardigingsbedryf op sy knieë dwing nie.