24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Engen beklink Afrika-oornames

Des 01 2010 15:47 Francois Williams

Verwante Artikels

Engen olie nou ook voertuie in Malawi

Engen verminder gasvrystellings

Engen-raffinadery gou reg

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print

Kaapstad. - Die Suid-Afrikaanse brandstofmaatskappy Engen het Woensdag amptelik die tjeks geteken vir die oorname van die Amerikaanse oliereus Chevron se brandstofverspreidingsondernemings in Zambië, Malawi en die eiland Reunion, het mnr. Wayne Hartmann, hoofbestuurder van Engen se internasionale sake-afdeling, gesê.

Dit kom nadat Engen vroeër vanjaar die planne aangekondig het om Chevron se bedrywighede in dié lande asook in Zimbabwe, Mosambiek, Tanzanië en Mauritius vir 'n onbekende bedrag te koop. Die transaksies vir die oornames in laasgenoemde lande moet nog deur die nodige regulatoriese en regsprosesse gaan.

Die oorname beteken Engen sal nou in 20 lande in Afrika bedrywig wees.

Engen, waarin die Maleisiese staatsoliegroep Petronas 'n 80%-belang het, se mikpunt is dat 30% van sy totale wins teen 2016 uit sy sake buite Suid-Afrika kom. Dit is tans rondom 10%, sê Hartmann.

Internasionale oliereuse soos Chevron, BP en Shell onttrek hul toenemend uit brandstofverspreiding in Afrika, deels omdat hulle meer wins maak uit hul eksplorasie- en produksiebedrywighede en die verspreiding in Afrika vorm 'n baie klein deel van hul internasionale ondernemings.

Engen is daarenteen toegespits op verspreiding en wil deur organiese groei en oornames verder groei in Afrika.

Volgens Hartmann maak Engen jaarliks tussen 20 en 30 nuwe vulstasies oop, en sal met die jongste verkrygings 1 500 vulstasies in Afrika hê. Die personeel van 220 by die Chevron-bedrywighede wat oorgeneem word, sal behou word.

Hartmann glo daar is nog ruimte vir aansienlike groei vir Engen in Afrika. Die groep is volgens hom nog nie sterk genoeg in belangrike markte soos Kenia, Uganda, Ghana en Nigerië nie.

 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...