24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

GMSA mik na 50 000

Jan 27 2012 06:48

Verwante Artikels

Spark die vonk vir GM-planne

Al meer lenings vir ou motors

Motors laat staalproduksie uitbrei

Nuwe wiele verkoop goed

Kumba-geld laat Kathu blom

Motorverkope neem toe

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – General Motors Suid-Afrika (GMSA) het verlede jaar produksie by sy aanleg in Struandale, Port Elizabeth, tot sowat 33 000 eenhede verhoog van sowat 31 000 die vorige jaar.

Volgens me. Denise van Huyssteen, kommunikasiebestuurder van GMSA, het die groep R1 miljard in drie nuwe voertuigmonteringsprogramme belê.

Hiermee kan die groep sy produksie tot meer as 50 000 eenhede verhoog - die vlak wat nodig is om ingevolge die regering se produksie- en ontwikkelingsplan vir die motorbedryf (APDP) vir aansporings te kwalifiseer.

Vervaardiging van die derdegenerasie-Chevrolet Utility het einde verlede jaar begin en die Chevrolet Spark, wat tans van Suid-Korea af ingevoer word, sal van volgende maand af plaaslik vervaardig word.

Die sesdegenerasie-Isuzu KB  sal na verwagting in die eerste kwartaal van volgende jaar plaaslik as linker- en regterstuurmodelle vervaardig word.

Mnr. Ian Nicholls, visepresident van beplanning van GMSA, sê in ’n verklaring hy verwag dat die Suid-Afrikaanse voertuigmark vanjaar veerkragtig sal bly hoewel die groeikoers waarskynlik sal verlangsaam vergeleke met die vorige twee jaar as gevolg van plaaslike en internasionale ekonomiese druk.

“Suid-Afrikaanse ekonome voorspel ’n vinnige verhoging in verbruikersprysinflasie in 2012 vergeleke met verlede jaar wat die groeikoers sal beïnvloed.“Groei in die Suid-Afrikaanse ekonomie sal vanjaar na verwagting sowat 3% wees,” sê Nicholls.

Hy verwag ook dat die voertuigmark toenemend mededingend sal raak.
Daar is plaaslik sowat 80 handelsname beskikbaar en meer as 1 000 modelle.

Die verbeteringe wat GMSA aan sy verskeidenheid aangebring het, beteken hy kan sowat 70% van die mark dek.

Om in die huidige sake-omgewing te groei, is dit nodig dat die groep op die hoogte bly van teg­nologie en vaardigheidsontwikkeling en deurlopend sy doeltreffendheid verbeter, sê Nicholls. Die groep beplan om vanjaar agt nuwe voertuie in Suid-Afrika bekend te stel waarvan ses Chevrolet-modelle is.

GMSA het verlede jaar verkoopsgroei van 24,4% aangeteken vergeleke met die vorige jaar. Die verkope van nuwe voertuie in die algehele mark het in die tydperk met 15,6% toegeneem.

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...