24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Gasprojek in SA van miljoene beplan

Feb 07 2012 06:01 Vida Booysen

Verwante Artikels

Openbare debat oor gas is nodig

COP17: Eskom kyk eers of gas in Moz nie warm lug is

Nuwe Kubu soek Botswana-gas

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Bloemfontein. – Air Liquide, ’n internasionale verskaffer van nywerheids- en mediese gas, gaan ’n projek van R400 miljoen in Suid-Afrika aanpak.

Hy het ’n ooreenkoms met Evraz Highveld Steel & Vanadium gesluit om ’n lugskeidingseenheid met ’n vermoë van 770 ton per dag by sy aanleg in Emalahleni (voorheen Witbank) op te rig.

Die eenheid sal na verwagting teen einde volgende jaar in bedryf gestel word en sal vir die volgende 20 jaar vloeibare suurstof, stikstof en argongas aan die plaaslike staalbedryf kan verskaf.

Air Liquide se ingenieurs- en konstruksiespanne sal die oprigting behartig nadat die departement van omgewingsake toestemming gegee het vir ’n omgewingsimpakstudie.

Volgens ’n verklaring deur Air Liquide help suurstof om staalfabrieke se produktiwiteit te verbeter en ander uitlaatgasse te verminder.

Mnr. Pierre Dufour, uitvoerende vise-president van Air Liquide in Afrika en die Midde-Ooste, het die kontrak as ’n mylpaal bestempel. “Air Liquide is die rolspeler wat die vinnigste groei in Suider-Afrika toon en die ooreenkoms is ’n belangrike verbetering van ons posisie in dié mark.”

Die groep het verlede jaar in ’n nuwe lugskeidingseenheid in KwaZulu-Natal belê asook in ’n produksie-aanleg vir vloeibare argongas.

Evraz het verlede jaar sy kontrak met die JSE-genoteerde gasprodusent Afrox beëindig nadat hy produksieverliese gely het weens opskortings en onderbrekings van suurstofvoorraad deur Afrox.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...