24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Mark onseker oor regte-uitgifte

Feb 12 2012 08:01 Antoinette Slabbert

Verwante Artikels

M&R: Aandeelprys lei onder uitgifte

Murray&Roberts gebruik vergrootglas

M&R geknel deur skuld ná Gauutrein

Gautrein ry M&R in die wiele

Lawe die senuwees

Is M&R ’n warm patat?

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Pretoria. – Wat hou die konstruksiegroep Murray & Roberts (M&R) se beplande regte-uitgifte vir beleggers in?

Die mark se eerste reaksie op die groep se aankondiging dat hy die mark wil nader vir R2 miljard om sy skuldlas te verlig, bedryfskapitaal aan te vul en groei te finansier, is beskou as slegte nuus.

Die aandeelprys het in reaksie daarop met meer as 4% gedaal, hoewel dit sedertdien herstel het.Die regte-uitgifte moet op 29 Februarie deur aandeelhouers goedgekeur word, waarna meer besonderhede sal volg.

Mnr. Rudi van der Merwe, ­beleggingshoof van Standard Equity Advisory Services, sê die regte-uitgifte is slegte nuus vir beleggers, wie se belange daardeur verwater word.

Van der Merwe verwag dat die uitgifte gedoen sal word teen ’n afslag van sowat 20%, maar meen daar is beter waarde elders in die konstruksiesektor.

Nog ’n ontleder, wat nie sy naam genoem wou hê nie, sê die regte-uitgifte sal druk op M&R se bedryfskapitaal verlig en daarom risiko op langer termyn verminder.

Hy sê die probleem is dat die nuwe kapitaal nie werklik aangewend gaan word om ’n opbrengs vir beleggers te lewer nie, maar vir bedryfskapitaal.

M&R is gewikkel in verskeie groot eise wat nog jare kan duur. Hoewel hy ’n inkomste daaruit verwag, kan dit jare duur voordat hy dit kry.

Intussen moet M&R ­bedryfskapitaal hê om die projekte in sy bestelboek van R57 miljard uit te voer.Die ontleder waarsku dat nie net die hoeveelheid werk in die bestelboek van belang is nie, maar ook die winsgrens waarteen dit verkry is. Dít sal die tyd moet leer, sê hy.

“Ons meen M&R is die goedkoopste, maar Wilson Bayly Holmes­-Ovcon (WBHO) is die konstruksiemaatskappy wat die beste bestuur word,” sê hy

’n Derde ontleder sê beleggers moet die uitgifte oorweeg in die lig van die prys waarteen dit aangebied word en hoeveel kontant hulle beskikbaar het. “Ons glo daar is nog geld te maak uit Murray & Roberts, maar dit is ’n langertermyn-storie,” sê hy.Die ontleder verwag dat die groep ’n stewige afslag sal gee om ’n voldoende vraag te verseker.

Gegrond op die gemiddelde aandeelprys oor die 30 dae tot Donderdag van R27,58, kan die aandele met 25% afslag teen net meer as R20 aangebied word. M&R sal sowat 96,7 miljoen aandele uitreik en die aandeelprys ná die uitreiking word op sowat R25,79 geraam.

Teen hierdie afslag is daar moontlik vinnig ’n paar rand per aandeel te maak wat moontlik die verwatering van bestaande aan­dele sal vergoed.Die ontleder stem saam dat die nuwe kapitaal die druk op M&R se geldsake sal verlig en dat sy vooruitsigte daarna beter sal wees. Hy sê die bestelboek lyk stewig en dui daarop dat die onderste draaipunt reeds bereik is. Dit sal nog nie in die syfers wys nie.

Hy verwag dat die resultate tot einde Desember, wat binnekort bekend gemaak word, die slegste van dié siklus sal wees, waarna dit stadig sal verbeter. Die ontleder het onderstaande tabel opgestel.

 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...