24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Motors laat staalproduksie uitbrei

Jan 11 2012 08:26 Ingé Lamprecht

Verwante Artikels

Hyundai se lang pad na sukses

Hyundai se wins uit sokker

Amsa verhoog staalprys met 5%

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Seoel. – Die Suid-Koreaanse staalreus Hyundai Steel beplan om sy jaarlikse produksievermoë teen 2015 van die huidige 19,1 miljoen ton tot 22,5 miljoen ton staal te verhoog.

Die maatskappy het drie staalaanlegte in Suid-Korea – in die stede Dangdjin, Intsjeon en Pohang – wat tans onderskeidelik ’n jaarlikse produksievermoë van 11,5 miljoen, 4,3 miljoen en 3,3 miljoen ton staal het. Dangdjin se derde hoogoond van $9,48 miljard kan in September 2013 in werking wees.

Hyundai Steel is ’n afdeling van die Hyundai-motormaatskappy en verskaf onder meer staal aan dié maatskappy vir die vervaardiging van voertuie. Dit stel hom in staat om kostes te ­besnoei en die gehalte van die vervaardigingsproses van die staalproduksie af te monitor.

Volgens mnr. Alan Ross, besturende direkteur van Hyun­dai Automotive Suid-Afrika, is Hyundai die enigste internasionale motorvervaardiger wat sy eie staal vervaardig.

Die uitbreiding van sy produksievermoë is deel van die Hyundai-motormaatskappy se strategie om sy voetspoor internasionaal te vergroot. Die groep sukkel reeds geruime tyd om sy vermoë sodanig uit te brei dat hy kan byhou met die interna­sionale vraag na sy voertuie.

Volgens mnr. Jerry Joo, bestuurder van Hyundai Steel, was die maatskappy se verkope verlede jaar sowat 7,15 miljoen ton gewalste staal, waarvan 34% aan die motorbedryf verkoop is, 51% vir algemene gebruik en verspreiding verkoop is en 15% uitgevoer is. Altesame 1,37 miljoen ton staalplate is verkoop. Volgens Joo word die meeste van die ystererts wat vir die vervaardiging van die staal gebruik word van Australië ingevoer, nog van Brasilië en sowat 10% van Suid-Afrika.

 - Sake24
het Hyundai Steel op uitnodiging besoek.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...