Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Johannesburg. – Transnet se hawe-afdeling (TPT) het twee hyskrane van altesame R150 miljoen vir sy
Ngqura-vraghouerhawe naby Port Elizabeth gekoop.
Die Liebherr-hyskrane sal na
verwagting teen April in gebruik geneem kan word. Ngqura het nou agt hyskrane wat vraghouers hanteer.
Transnet het onlangs ’n kapitaalbestedingsprojek van meer as
R110 miljard oor die volgende vyf jaar bekend gemaak waarmee onder meer hyskrane gekoop sal word.
Die uitbreiding van Transnet se vloot is belangrik vir ekonomiese
groei oor die land heen, het mnr. Karl Socikwa, uitvoerende hoof van TPT, in
Johannesburg gesê. Volgens hom is daar ’n oplewing in uitvoermarkte.
Dit is juis vanweë “marktendense wat herstel toon” dat die
Ngqura-hyskrane gekoop is, sê me. Nosipho
Damasane, bedryfshoof van TPT.
Einde verlede jaar het Ngqura se vraghouerhantering die
wêreldstandaard oorskry. Die aanvaarde standaard is 26 tot 30 vraghouers per uur
per hyskraan en Ngqura het 34 vraghouers per uur behartig, sê die maatskappy.
Dit is sy beste vertoning nóg.
Mnr. Siya Mhlaluka, uitvoerende bestuurder van Transnet se
Oos-Kaapse terminusse, sê die bedryf van die nuwe
hyskrane het 78 poste geskep.
- Volgens Socikwa hanteer TPT tans 4 miljoen vraghouers per
jaar en dit groei teen 2,5% per jaar. Altesame 60% hiervan is vir in- en
uitvoer.
Tot dusver is meer vraghouers in die 2011-’12-boekjaar behartig as
in die ooreenstemmende tyd in die vorige boekjaar. Dit is ook meer as TPT se
begrote hoeveelheid.