Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Caracas. – ’n Internasionale arbitrasieliggaam het ongeveer
$908 miljoen aan die oliereus Exxon Mobil toegeken
in ’n dispuut met Venezuela oor vergoeding vir die nasionalisering van sy bates,
het die maatskappy Sondag gesê.
Exxon Mobil het arbitrasie deur die Internasionale Kamer vir
Koophandel versoek nadat pres. Hugo Chávez se regering in 2007 ’n olieprojek in
die land genasionaliseer het.
Dié oliemaatskappy, wie se hoofkantoor in Irving, Texas, is, het
nie bekend gemaak hoeveel vergoeding hy wou gehad het nie.
Exxon Mobil het nog ’n ander geval van arbitrasie hangende teen
Venezuela voor die Wêreldbank-geaffilieerde internasionale sentrum vir die
skikking van beleggingsgeskille (ICSID).
Meer as 12 ander arbitrasiegevalle waarby Venezuela betrokke is,
is ook hangende met maatskappye wat miljarde dollars vergoeding eis ná
nasionalisering deur Chávez se linksgesinde regering.
Ecoanalitica, ’n raadgewende maatskappy met sy hoofkantoor in
Caracas, het onlangs, voor die jongste besluit ten gunste van Exxon Mobil,
geraam dat bates van meer as $33,7 miljard betrokke is by die grootste deel van
die nasionalisering deur die regering, insluitende sowat $23 miljard aan
uitstaande verpligtinge.
Venezuela het onderhandelde skikkings bereik oor betalings aan
party ander maatskappye.
Verlede maand het die Mexikaanse sementmaatskappy Cemex SAB
gesê Venezuela het ingestem om $600 miljoen te betaal vir die oorname in 2008
van dié maatskappy se bedrywighede in die land. – Sapa-AP