24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Produksie styg matig

Feb 07 2012 06:01 Adri van Zyl

Verwante Artikels

Aquarius kla ook oor mynsluitings

Vele kom op dreef

GMSA mik na 50 000

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Vervaardiging en produksie het in die eerste drie kwartale van verlede jaar matig versterk, maar dit het gepaardgegaan met werkverliese.

Uit die nuutste verslag van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie (NOK) oor die vertoning van die primêre en sekondêre ekonomiese sektor blyk dit dat 8 500 werkgeleenthede verlore gegaan het.

Mnr. Jorge Maia, hoof van navorsing en inligting van die NOK, sê die gedempte aktiwiteit in die vervaardigingsektor sal nog ’n tyd voortduur. Dit is te wyte aan die strawwe mededinging van buitelandse maatskappye met die plaaslike mark en Suid-Afrika se afhanklikheid van die vraag in Europa.

Maia sê die druk op die vervaardigingsektor is een van die nagevolge van die verswakking van die vooruitsigte vir die wêreldekonomie.

Dit is veral kommerwekkend dat indiensneming nog nie herstel het tot waar dit voor die finansiële krisis was nie, al het die Suid-Afrikaanse ekonomie in die afgelope twee jaar matig herstel.

Luidens die verslag het indiensneming nie eens toegeneem in die vyf sektore waar vervaardiging met meer as 10% verbeter het nie.

In die landbousektor het 16 000 werkgeleenthede in die eerste nege maande van verlede jaar verlore gegaan. Daar is nou net 624 000 werkers in dié sektor. Die verlies is veral kommerwekkend omdat dit plattelandse en afgeleë gemeenskappe raak.

In die mynbousektor is in die selfde tydperk 15 700 werkgeleenthede geskep. Die 295 000 werkgeleenthede in dié sektor is bykans dieselfde as voor die finansiële krisis.

Werkgeleenthede is in veral platinum- en steenkoolmyne geskep, terwyl indiensneming by goudmyne met 5,1% gedaal het.

In die twee subsektore (voertuie, onderdele en toebehore, asook ander vervoertoerusting) waarin produksie sterk gestyg het, het indiensneming ook gedaal.

Indiensneming in dié subsektore verteenwoordig 9% van alle­ werkgeleenthede in die vervaardigingsektor.

In dié twee subsektore het vervaardiging met onderskeidelik 10,1% en 9,7% toegeneem.

Die subsektore waar mededinging van buitelandse maatskappye die grootste uitwerking op indiensneming gehad het, is die tekstiel-, plastiek- en metaalsektor.

Indiensneming in die tekstielbedryf was 7,2% laer.

Teen die derde kwartaal van verlede jaar was net 3% van alle werkers in die vervaar­digingsektor in dié drie subsektore werksaam.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...