24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Transnet gee dubbele bonus

Feb 07 2012 06:01 Jean-Marie de Waal

Verwante Artikels

SA groei sal beslis verlangsaam

Mobiele hyskrane = beter diens

Transmed verswak verder

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Pensioentrekkers van Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds (TTVVF) sal einde Februarie ’n ad hoc-bonus gelykstaande met twee maande se pensioen saam met hul gewone pensioenbetaling ontvang. Dié besluit is verlede week deur die trusteeraad van die fonds goedgekeur.

Mnr. John Benwell, pensioentrekker-trustee van die fonds, het by navraag beklemtoon dié geld kom uit die fondsoorskot en Transnet en die regering het nie geld hiervoor bewillig nie.

Die uitbetaling aan die meer as 80 000 fondslede sal waarskynlik sowat R350 miljoen beloop.

Nóg Benwell nóg die fondsbestuurder van die TTVVF, mnr. Peet Maritz, het die nuutste oorskotsyfer byderhand gehad, maar gegrond op ruwe ramings kon dit reeds van R3,2 milard in 2010 tot sowat R2,6 miljard gedaal het.

Maritz sê November se ad hoc-bonusbetaling het die fonds sowat R180 miljoen gekos.

Die parlement het in 2010 aanbeveel dat Transnet die fonds ’n inspuiting gee sodat ’n eenmalige bedrag gelykstaande met vyf maande se pensioen uitbetaal kan word. Ook is ’n verhoging van 3,2% in die basiese pensioen en ’n jaarlikse verhoging gelyk aan 75% van die inflasiekoers aanbeveel. Transnet het gesê dié voorstelle is onbekostigbaar.

Benwell sê omdat die fonds self daarvoor verantwoordelik is om die parlementêre aanbevelings na te kom, sal die fonds nie enige van die voorgestelde verhogings kan finansier nie. “Ons beskou dus die dubbele bonusbetaling as ’n afsonderlike betaling en nie deel van die parlementêre opdrag waarkragtens Transnet die geld moes gee nie.”

Me. Gloria Borman (ANC), lid van die portefeuljekomitee oor openbare ondernemings en voorsitter van die komitee se taakspan wat destyds dié kwessie ondersoek het, het aan Sake24 gesê sy kan nie sê sy is heeltemal “gelukkig” oor die dubbele betaling nie omdat die res van die aanbevelings nie nagekom kon word nie.

Sy is nie bewus van enige planne om die aangeleentheid verder in die parlement te bespreek nie.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...