24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

SABMiller kan gedempte groei troef

Des 01 2010 08:11 Maarten Mittner

Verwante Artikels

SABMiller se vreugdebeker loop oor

Wins bruis vir SABMiller

SABMiller se volumes klim

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
SABMiller het in die eerste ses maande van sy huidige boekjaar goeie vordering gemaak om sy skuld af te bring, maar swakker verbruikersmarkte in Europa en die VSA plaas groei onder druk.

Standard Sekuriteite sê in ’n navorsingsverslag winsgrense kan vir die volle boekjaar gehandhaaf word as die groep volhard met kosteverlagings.

Verhoogde inkomste uit ontluikende markte kan ’n teenvoeter wees vir swakker inkomste uit ontwikkelde markte. Terselfdertyd kan kapitaal­- besteding en bedryfskapitaal onder druk kom weens ver­dere uitbreidings, veral in Afrika.

Biermarkte in groot dele van Europa, onder meer Pole, die Tsjeggiese Republiek, Roemenië en Rusland, verkeer nog in bykans resessionêre omstandighede.

SABMiller se inkomste in die halfjaar was 5,3% swakker op $3 miljard, maar kostebesparings het ’n styging van 3,2% tot $622 miljoen in ebitda meegebring.

“Ons verwag dat markte in Europa onder druk sal bly,” sê Standard Sekuriteite.

Dit geld ook grootliks die Amerikaanse mark waar ­lagervolumes van MillerCoors 3% swakker was. Groter sinergieë en stygende pryse het gehelp dat inkomste met ’n bevredigende 12,3% tot $64 miljoen gestyg het.

SABMiller was nog altyd bekend vir sy stewige kontantgenerering deur sy bierprodukte. Dit het die maatskappy ’n gunsteling onder heelwat beleggers gemaak omdat kontant in moeilike ekonomiese tye ’n bate is wat maklik meetbaar is en in die finansiële state vertolk kan word.

In die halfjaar was kontant uit bedrywighede onveranderd op $2,2 miljard. Groter kapitaalbesteding het toenemend kontantgenerering uit bedrywighede opgeslurp.

Vrye kontantvloei, wat kontantgenerering uit die vernaamste inkomstegenererende bedrywighede van die groep minus kapitaalbesteding weerspieël, was $153 miljoen laer.

Die groep het verder in die halfjaar aandag aan sy skuldposisie gegee en rentedraende laste in die huidige omgewing van laer rentekoerse met 11% tot $8,9 miljard afgebring.

Langtermynlaste is met 18,2% verlaag tot $7,2 miljard en korttermynlaste met 43% tot $1,7 miljard. Laste en verpligtinge van $1,7 ?miljard is terugbetaal. Dit het die verhouding van rentedraende laste tot voorbelaste wins van 5,4 keer tot 4,3 verbeter.

Standard Sekuriteite sê dit is positief dat die groep nou aandag gee aan kostebesparings. “Koste word goed beheer sodat ebitda-winsgrense verbeter het. Terselfdertyd word kapitaalbeleggings nie verwaarloos nie, wat positief is.”

SABMiller se aandeelprys het gister in ooreenstemming met die swakker markte 474c of 2,07% swakker gesluit op R224,10.

Die aandeelprys het op 19 November ’n jaarhoogtepunt van R242 aangeteken, maar het sedertdien afgeplat. Gister se verhandelings was teen ’n prys-verdienste-veelvoud van 25, wat hoër as die markgemiddelde van 16,5 is.
 

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...