SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Sterk rand rem motoruitvoer

Jul 16 2010 09:40 James-Brent Styan Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Vraag stoot gebruikte karre se pryse op

Gebruikte karre vinniger duurder

General Motors begin verrys uit finansiële as

 
Johannesburg. - Toyota Suid-Afrika gaan 400 kontrakwerkers aanstel by sy aanleg in Durban.

Die maatskappy het van 2007 af 1 500 kontrakwerkers se dienste beëindig. Daar werk tans sowat 8 500 mense vir Toyota in Suid-Afrika.

Toyota sê die Suid-Afrikaanse ekonomie groei weer stadig en dit kan in motorverkope gesien word.

Dr. Johan van Zyl, uitvoerende hoof van Toyota Suid-Afrika, het Donderdag in Johannesburg ’n voorlegging gedoen oor die stand van die Suid-Afrikaanse motormark. Hy verwag dat 475 000 motors vanjaar in Suid-Afrika verkoop sal word; 20% meer as verlede jaar.

Van Zyl sê daar is steeds kommer oor uitvoer. “Die markte in Europa – waarheen ons hoofsaaklik uitvoer – ondervind uiters stadige ekonomiese groei. Dié markte bly die moeilikste vir motorverkope in die jaar wat voorlê.”

Van Zyl sê motorvervaardigers in Suid-Afrika sukkel ook weens die uitwerking van die sterk rand.

“Die probleem is dat inflasie plaaslik toeneem, maar ons kan nie dié koste verhaal van die motors wat ons uitvoer nie, want dan is ons nie meer mededingend nie. As die rand sterk is, soos nou, word dit te duur om uit te voer.”

Van Zyl sê vervaardigers verkies ’n stabiele wisselkoers wat die ekonomiese aktiwiteite in die land weerspieël.

“Die rand word eenvoudig te veel beïnvloed deur die kapitaal wat deur die JSE vloei.”

Mnr. Andrew Kirby, senior adjunkpresident van verkope en bemarking, sê dit is belangrik dat plaaslike motorvervaardigers meer uitvoer.

“Plaaslike vervaardigers het oortollige vervaardigingsvermoë wat net deur groter uitvoer benut sal kan word.”
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer:

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...