24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Buitelanders koop sonder kopwerk

Feb 12 2012 08:02 Adri van Zyl

Verwante Artikels

Griekeland: Beleggers min gepla

SA netto reserwes verstewig

Lagos-gholfoord was bate sonder grond

Europese skadu oor die rand

Nuwe belasting lei dalk tot hoër koste

Lang wagtyd vir Sharemax-beleggers

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Beleggers in Europa en die VSA wat probeer wegkom van die onsekerheid in hul aandelemarkte, belê lukraak in Suid-Afrikaanse aandele sonder dat hulle behoorlik navorsing doen oor die vooruitsigte van die maatskappye. Dit verwring die aandeelprys van Suid-Afrikaanse maatskappye en dit is beslis nie aandele waarin ’n mens jou geld wil hê as die buitelandse stemming teen Suid-Afrika draai nie, sê mnr. Gavin Wood, hoof van beleggings van Kagiso Batebestuur.

Hy sê buitelanders het sedert begin vanjaar op groot skaal in Suid-Afrikaanse nywerheidsaandele belê wat verskans is teen die ekonomiese siklus en groot dividende betaal. Die aandele wat hulle kies, is meestal dié waarvan die prys verlede jaar goed gestyg het.

Wat opvallend is van die buitelanders se beleggingsgedrag is dat hulle skynbaar Suid-Afrikaanse aandele vermy wat blootstelling het aan ander lande, en hulle steur hulle niks aan wat in Suid-Afrika aangaan of die gehalte van die maatskappye nie. Voorbeelde hiervan is MTN en Sasol, wat negatief geraak word deur die verwikkelinge in Iran. Buitelanders toon wel ’n voorkeur vir beleggings in aandele van maatskappye wat ’n “Afrika-geur” het.

Die kleinhandelsektor is een sektor waarin die buitelandse beleggers hulle oënskynlik nie steur aan die vooruitsigte van die maatskappye nie en die waardasie van die aandele verwring. 

Wood sê die prys-verdienste-veelvoud (p/v) van kleinhandelaandele is nou 18 vergeleke met die historiese gemiddelde p/v van 13. Dit is volgens Wood nie volhoubaar nie.

Die groot aankope van aandele van kleinhandelaars in Januarie het ses van hierdie maatskappye se aandeelprys tot nuwe hoogtepunte opgestoot (Mr Price, Spar, Foschini, Massmart, Shoprite en Clicks). Wood sê die ­faktore wat oor die afgelope jaar die verdienste van kleinhandelaars gesteun het, is ook nie volhoubaar nie – en daaraan steur die buitelanders hulle nie.Hy sê die besteebare inkomste van verbruikers het verlede jaar toegeneem, maar dit was hoofsaaklik vanweë salarisverhogings in die staatsdiens en ’n toename in maatskaplike toelaes.

Verbruiksbesteding word ook gesteun deur ’n kommerwekkende toename in ongesekureerde lenings, wat 63% van verbruikerskuld verteenwoordig.

’n Ommeswaai in rentekoerse en ’n tempering van salarisverhogings sal die voortgesette groei in die afset van kleinhandelaars bedreig, sê Wood.

Voorts het die kleinhandelaars in dié gunstige tydperk hul vloerruimte uitgebrei deur meer winkels te open. “Dit beteken dat hul bedryfskoste groter is, terwyl verkope in bestaande winkels nie toegeneem het nie.”

Ook opvallend van die buitelanders se beleggingsgedrag is dat hulle belê in die swaargewigte in die Suid-Afrikaanse indekse en hulle min steur aan die klein en middelslag-maatskappye.

Volgens Wood is die aandele wat buitelanders ignoreer, dié wat waarde bied vir Suid-Afrikaners.

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...