24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Goeie begin van 2012 hou dalk nie

Feb 06 2012 07:00 Mari Beukes

Verwante Artikels

JSE steeds positief

Anglo-aandele laat JSE klim

Nuwe Primegro noteer vanjaar

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Die nuwe jaar het goed begin, maar 2012 kan steeds ’n lelike u-draai maak.

Mnr. Matthew Sharrat, ekonoom vir Suid-Afrika van Bank of America Merrill Lynch ­(BofAML) sê 2012 sal vir beleggers net soos 2011 verloop, maar dié keer in trurat.

“Verlede jaar het sleg begin en teen die einde van die jaar het dinge beter begin lyk. Ons dink vanjaar gaan goed begin voordat dinge in die tweede helfte van die jaar begin slegter gaan.”

Die wêreldmarkte het sedert begin vanjaar goed veld gewen, met meer positiewe ekonomiese data uit veral Amerika wat beleggers bemoedig het. Sharrat sê egter Amerika se ekonomiese ­data het beleggers einde verlede jaar aangenaam verras omdat die verwagtinge vroeër in die jaar uitermate sleg was. Hy sê dit is ook kommerwekkend dat die verbetering in Amerikaanse verbruikersbesteding deur ’n afname in besparing gefinansier is.

“Amerika sal ’n driedubbeletrog in groei ervaar, met sy groeikoers wat teen einde van vanjaar tot 1% sal terugsak, van 3% begin vanjaar af.”

Hy sê ’n matige resessie in die eurogebied is ook ’n gegewe en Suid-Afrika se verbintenis tot die wêreldekonomie gaan van 2012 ’n moeilike jaar maak.

Die land sal gebuk gaan onder stagflasie – die kombinasie van swak ekonomiese groei en stygende inflasie. BofAML verwag dat die Suid-Afrikaanse ekonomie vanjaar met slegs 2,5% sal groei, terwyl inflasie in die derde kwartaal ’n hoogtepunt van 7% sal bereik.

BofAML meen voedsel-inflasie, wat saam met ’n swakker rand een van die grootste dryf­vere van inflasie is, sal middel vanjaar ’n hoogtepunt van 14% bereik.

Sharrat sê die swakheid van die rand en swak groeivooruitsigte laat die Reserwebank met min beweegruimte, maar die bank sal veral let op hoe lank inflasie bo die teiken bly.

Hy sê ’n inflasiekoers van 7% is dalk die sielkundige vlak waar die Reserwebank begin voel hy kan nie langer versuim om op te tree nie. As dit die geval is, kan die bank dalk al in November die rentekoers opstoot.

Hoewel BofAML bekommerd is oor 2012, sê Sharrat hulle verwag ’n baie beter 2013.

“Staatsbesteding aan infrastruktuur sal nie in 2012 groei dryf nie.” Hy meen die uitwerking van die staat se beplande besteding sal eers volgende jaar gevoel word.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...