24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Grieke stel uit

Feb 07 2012 06:01 Niel Joubert

Verwante Artikels

Dragma spook by die Grieke

Die Grieke en hul Porsche's . . .

Duitsers, Grieke bots oor begrotings

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Johannesburg. – Europese leiers het gister verdere druk op Griekeland gesit om die voorwaardes van ’n reddingspakket te aanvaar, maar die Grieke het weer gesprekke uitgestel omdat hulle twispunte probeer oplos.

Hernieude vrese vir ’n morsige wanbetaling van Griekeland se skuld het die markte laat daal.

Die JSE se indeks van alle aandele het met 0,61% of 211 punte tot 34 176 punte gedaal. Die top-40-indeks het met 220 punte of 0,72% tot 30 499 punte verswak.

Dr. Angela Merkel, Duitse kanselier, en pres. Nicolas Sarkozy van Frankryk het gister in Parys vergader terwyl mnr. Lucas Papademos, Griekse premier, gesprek gevoer het in Athene met politieke leiers om konsensus te bereik oor die tweede hulppakket van nagenoeg €130 miljard berig Bloomberg.

Hulle het Sondag ooreengekom om verdere besuinigingsmaatreëls gelykstaande aan 1,5% van die bruto binnelandse produk te in te stel.

Hulle moet egter nog ooreenkom oor sekere beleidsmaatreëls wat deur leners geëis word.

Mnr. Antonis Samaras, die hoof van die New Democracy, die tweede grootste party, het aangedui dat hy sekere maatreëls wat die troika vra, gaan teenstaan.
Intussen het die grootste vakbonde in Griekeland se openbare en private sektor, ADEDY en GSEE, ’n dag lange staking gereël vir vandag om teen die besuinigingsmaatreëls te betoog.

“Ek kan nie heeltemal verstaan waarom ons nog ’n paar dae nodig het nie – die tyd loop uit,” het Merkel in ’n gesamentlike verklaring met Sarkozy gesê.

Griekeland se pogings om ’n tweede pakket van die troika – die Europese Kommissie, die Europese Sentrale Bank en die Internasionale Monetêre Fonds – te verkry, was die afgelope paar dae in die weegskaal weens Griekeland se mislukte pogings om ’n ooreenkoms te bereik.

Die Franse CAC 40-indeks het gister 0,59% laer gesluit. Die Duitse DAX-indeks was effens hoër en het 0,06% hoër gesluit.

Die FTSE 100-indeks in Londen was 0,14% hoër.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...