Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

JSE diep in die rooi

Jul 30 2010 15:33 Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Beurs weer ure gesluit

Invloei uit buiteland hou rand sterk

Myne ‘gaan weer afsonderlik noteer’

 
Johannesburg. – Die JSE het Vrydag in middagverhandelinge diep in die rooi geboer met negatiewe sentiment wat deurgesyfer het in wêreldmarkte voor die bekendmaking van die bruto binnelandse produk-data vir die tweede kwartaal in die VSA.

Die JSE se indeks van alle aandele het met 1,06% gesak tot 28 246,68 punte. Die finansiële indeks was met 1,35% in die rooi op 8 009,61 en hulpbronne het met 1,16% gedaal tot 48 230,45.

Die nywerheidsindeks het met 1% verswak tot 22 992,24 punte.

Die rand het Vrydag ietwat verstewig tot R7,34/$ van R7,35/$ toe die JSE Donderdag gesluit het. Die plaaslike geldeenheid het Vrydag R9,56 vir ’n euro gekos en R11,46 vir ’n pond.

Die goudprys het Vrydag $1 169,61 per fynons gekos van $1 162,70 per fynons toe die JSE laas gesluit het.
- I-Net Bridge en Sake24
 
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...