Maatskappydata
| Laaste verhandeling |
R74.42 |
| Change |
R-1.68 |
| % Verandering |
-2.21% |
| Volume |
76,531 |
| Markkapitalisasie |
R6.47mjd |
Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Johannesburg. – Die JSE se bedryfsinkomste het vir die jaar tot 31
Desember 2010 met 9% tot R1,255 miljard gestyg in vergelyking met R1,156
miljard in die vorige tydperk, het hy Dinsdag gesê.
Die hoofdrywer van groei was die aandelemarkte, maar bydraes is ook
gemaak deur inligtingsprodukteverkope en hulpbron-afgeleides.
Die rentekoersmark het 12 maande se inkomste in 2010 bygedra in
vergelyking met ses maande die vorige jaar.
Ander inkomste het met 24% tot R50 miljoen geklim, hoofsaaklik
weens die wins van portefeuljebeleggings in die Investor Protection Funds, het
hy gesê.
Intussen het die JSE aangekondig mnr. Russel Loubser gaan aftree as
sy uitvoerende hoof. Dit is van 31 Desember 2011 van krag.
Die JSE het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat me. Nicky
Newton-King, wat tans die adjunk- uitvoerende hoof is, die pos as uitvoerende
hoof sal inneem. Dit is van 1 Januarie 2012 van krag.
Loubser is sedert 1997 die uitvoerende hoof van die JSE.
“Dit is nie die tyd om Russel te bedank of te prys vir sy enorme
bydrae nie, want hy het steeds nege maande oor voor hy die JSE verlaat. Die tyd vir
totsiens sê sal later kom,” het mnr.
Humphrey Borkum, nie-uitvoerende voorsitter
van die JSE, gesê. – I-Net Bridge