24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Obama se huislening-plan gekap

Jan 31 2012 07:00

Verwante Artikels

Obama onderteken kompromis

Gemengde reaksie op Omaba-plan

Obama vra hoër belasting op rykes

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
JP Morgan Chase & Co., Amerika se grootste bankgroep, het pres. Barack Obama se nuwe spesiale eenheid wat ondersoeke na banke se huislenings en die verkoop van verbandsekuriteite gaan uitbrei, skerp gekritiseer.

Mnr. Jamie Dimon, uitvoerende hoof van die bankreus, het verlede week in Davos, Switserland, gesê dié eenheid kan die skikkingsproses met die deel­state oor verbande wat opgeroep word, tot stilstand bring.

“Dit kan die gesprekke heel moontlik ongedaan maak,” het Dimon in ’n onderhoud met die nuusdiens CNBC by die ­beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) gesê.

Obama het verlede Dinsdag in sy staatsrede aangekondig dat hy die minister van justisie gevra het om ’n spe­siale eenheid van aanklaers op die been te bring wat die ondersoeke na huis­lenings en na die samestelling van verbandgesteunde sekuriteite sal uitbrei.

JP Morgan, Bank of America, Wells Fargo & Co, Citigroup en Ally Financial voer al maande gesprekke met die prokureurs-generaal van die deelstate om bewerings oor ongerymdhede in die oproep van verbande uit te klaar. Hulle bespreek ’n plan dat banke $25 miljard aan huiseienaars betaal, hoofsaaklik deur verbandlenings te verklein.

“Ek dink dinge sal vir Amerika beter wees as dié skikking deurgevoer word,” het Dimon gesê.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...