Johannesburg. – Die rand het Donderdag deur die sielkundige vlak
van R7,30/$ gebreek en het vroeër die dag R7,27/$ gekos.
’n Plaaslike handelaar het gesê die euro het ook druk op die dollar
geplaas, wat die rand verder aangevuur het.
“Huidige verhandelinge dui aan dat die rand sterker wil word. Die
7,30-syfer teen die dollar is ’n groot vlak, terwyl 7,27 ’n sleutel- tegniese
vlak is. Indien daardeur gebreek kan word, kan ons verdere randsterkte te wagte
wees,” het hy gesê.
Die JSE het ook Donderdag verstewig en die indeks van alle aandele
was in middagverhandelinge met 0,14% in die swart op 28 406,59 punte.
Die finansiële indeks het met 0,39% geklim tot 8 100,86 terwyl
hulpbronne met 0,13% verstewig het om op 48 502,25 te staan.
Die nywerheidsindeks was met 0,12% in die swart op 23 121,08.