Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Versigtigheid keer terug na markte

Jul 26 2010 13:22 Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

WB stem beleggers positief

Beleggers in Ponzi-skema kry byna niks

SA beleggers kry 'paspoort'

 
Johannesburg. – Die FTSE/JSE se indeks van alle aandele het die afgelope drie maande ’n negatiewe opbrengs gelewer en dit wil voorkom asof dít, tesame met die einde van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, deursyfer na die psige van Suid-Afrikaanse beleggers.

Die Julie-opname van die Sanlam Beleggingsbestuur- vertroueindeks het gewys dat plaaslike beleggers meer positief is oor die nabye korttermyn (tot drie maande), met groeiende pessimisme oor die langertermyn-syfers wat kop uitsteek.

Die opname word gedoen onder finansiële raadgewers en institusionele beleggers. Me. Candice Paine, kleinhandelhoof van Sanlam Beleggingsbestuur, sê hoewel beide groepe van respondente steeds positiewe opbrengste vir aandele vir die volgende 12 maande verwag, het dié verwagtinge met 7,66% in Junie gegly tot 6,11% in Julie.

“Oor een maand het beleggers ’n verhoogde moontlikheid gesien van die mark wat ’n positiewe opbrengs lewer. Maar oor drie maande was institusionele beleggers baie meer negatief oor opbrengste, en verwag dat die JSE se indeks van alle aandele slegs 0,07% vir die tydperk sal lewer.”

Dié onsekerheid of stille optimisme onder die groep word ook weerspieël in die waardasie-indeks. Die indeks wys die gedeelte van beleggers aan wat gedink het aandeelpryse was te laag, te hoog of net reg.

“Hoewel daar nie ’n groot skuif in die 50% van die beleggers was wat gedink het die markwaardasie is neutraal nie, wil dit voorkom asof daar ’n beduidende aantal oorlope was van dié wat gedink het die mark was te goedkoop na dié wat gedink het dit was te duur.

“Dit kan die siening weerspieël dat maatskappyverdienste laer gaan wees en dus dat vorige aandeelwaardasies dalk bietjie te optimisties was,” het Paine gesê.

“Ondanks ekonomiese groei en maatskappyverdienstes wat laer is as wat respondente voorheen verwag het, is daar geen aanduiding van paniek onder die twee groepe.

Beleggers bly optimisties oor met hoeveel die mark sal herstel op die dag ná ’n daling van 3%.”

Die verwagte persentasie-opbrengs ná ’n daling van 3% in die aandelemark het geklim tot 0,96% in Julie van 0,52% in Junie, sê Paine.

Me. Gerda van der Linde, uitvoerende direkteur van die instituut vir beleggersgedrag, ’n navorsingsorganisasie wat die peiling doen, sê: “Bewyse van ’n afswaai in Amerika se ekonomie, voortdurende kommer betreffende skuld in Europa, dreigende plaaslike stakingsaksie en die invloed daarvan op maatskappyverdienste, werkloosheid, bewyse wat voortdurend voorkom vir korrupsie en ander negatiewe nuus bevestig voortdurend beleggers se vrese en vuur hul chroniese onsekerheid aan.” – I-Net Bridge
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...