Verwante Artikels
Top Stories
Mei 21 2012 05:00
Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.
Mei 21 2012 05:00
Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.
Mei 21 2012 05:00
Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.
Den Haag. – Rotterdam, die grootste
vraghouerhawe in Europa en onder die top-10 hawens wêreldwyd, het ondanks die
ekonomiese afswaai in Europa ’n nuwe rekord vir vraghantering in 2011 behaal.
Dié hawe-owerheid het in ’n verklaring gesê 433 miljoen ton vrag is
in 2011 hanteer, wat 0,8% of 3 miljoen ton meer as die vorige rekord in 2010
is.
“Ondanks die swak ekonomie en ’n afname in omset sedert November,
is dit die negende keer in tien jaar dat ons groei,” sê mnr. Hans Smits,
uitvoerende hoof van die Rotterdam-hawe.
Die toename in die hantering van landbouprodukte (18%), steenkool
(12%) en vraghouers (10%) was in teenstelling met ’n afname in ruolie (-8%) en
skrootmetaal (-6%).
Volgens die hawe-owerheid het hy sy posisie in die handel tussen
Asië en Europa verbeter danksy sy geriewe om skepe wat tussen 10 000 en 15 000
vraghouers vervoer, “makliker as sy mededingers” te hanteer.
Volgens Smits is die hawe se bedrywighede stewig gekoppel aan
wêreldhandel en die ontwikkeling van Duitse nywerheidsproduksie. “Op grond
hiervan verwag ons om huidige vlakke in 2012 te handhaaf. Ek verwag ons sal die
Europese vertrouenskrisis teen die tweede helfte van die jaar agter die rug hê,”
sê Smits.
Rotterdam verwag “redelike groei” vir
2013. Rotterdam is in 2010 as die 10de grootste
vraghouerhawe gelys. Singapoer en Sjanghai beklee onderskeidelik die eerste en
tweede plekke , volgens syfers van The Economist. – Sapa-AFP