24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Gaubusstaking kan duur word

Feb 22 2012 05:00 Antoinette Slabbert

Verwante Artikels

M&R geknel deur skuld ná Gauutrein

Gautrein raas nie meer as verkeer

Gautrein ry M&R in die wiele

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die Gautrein se beleërde busdiens kos die treinstelsel byna ’n tiende van sy passasiers. Dít gaan die konsessiehouer, Bombela, duur te staan kom.

Gautengers het al gewoond geraak aan gereelde nuus dat busbestuurders staak en die diens glad nie of net gedeeltelik beskikbaar is.

Volgens mnr. Jack van der Merwe, uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap (GMA), is daar daagliks nagenoeg 31 000 ritte. In die afgelope week, toe die busbestuurders gestaak het, het die getalle met 3 000 afgeneem.

Die vraag is: Wie gaan daarvoor betaal, en hoeveel?

Volgens Van der Merwe is die Gautrein uit die staanspoor beplan met maatskaplik-ekonomiese doelwitte soos werkskepping en die ontwikkeling van klein ondernemings in gedagte. Daar is baie geleenthede vir Bombela geskep om werk aan klein ondernemings uit te kontrakteer.

Sekere kritieke subkontrakte, soos sinjalering, is geïdentifiseer as sleutelkontrakte, wat die GMA die reg gee om die bestuur daarvan oor te neem indien dit nodig raak.

Die busdiens is nie ’n sleutelkontrak nie en die GMA kan dus nie die kontrak met die Gautrein-busmaatskappy, Mega Express, wat deel is van die Unitrans-groep, beëindig nie.

“As ons dit sou doen, sal Bombela vra met wie ons dit wil vervang. As ons ’n plaasvervanger kry, sal ons die risiko moet dra.”

Dít is nie die GMA se funksie nie. Hy plaas deur boetes druk op Bombela sodat die konsessiehouer self sy subkontrakteurs tot orde roep.

Bombela moet sekere uitkomste lewer, wat insluit dat die treine minstens 98% beskikbaar en 98% betyds moet wees. As dié doelwitte nie behaal word nie, word ’n vaste boete aan Bombela opgelê. Verder is daar ’n dreigklousule waarvolgens straf­punte vir onderprestasie bymekaargetel word wat tot die beëindiging van die konsessie-ooreen- koms kan lei. Daar is op die oomblik nie sprake hiervan nie, sê Van der Merwe. Dié punte begin elke jaar weer by nul.

“Die busdiens is op die oomblik in die rooi,” sê Van der Merwe. Boetes vir die onbetroubaarheid van die diens sal Bombela ’n paar honderdduisend rand uit die sak jaag.

Die moeiliker vraag is hoe dit op langer termyn die gebruik van die diens sal beïnvloed en wat die langtermynskade aan die Gautrein-handelsnaam sal wees. Dit het finansiële implikasies, ook vir belastingbetalers.

Die Gautengse regering het ’n inkomstewaarborg aan die konsessiehouer gegee. Dié waarborg was nodig om die risiko van die konsessiehouer te beperk en daarsonder sou daar geen belangstelling van die private sektor gewees het nie.

Volgens die waarborg word alle inkomste – soos uit treinkaartjies, buskaartjies, parkeerplek en advertensies op die stasies – opgetel. As dit minder as ’n sekere minimum is, betaal die provinsie die res.

Van der Merwe raam dat die provinsie in die huidige boekjaar tot R280 miljoen sal opdok.

Boetes vir wanprestasie, soos wanneer die busse nie loop nie, word van dié bedrag afgetrek.

As die busse nie loop nie, kan dit op die lange duur die totale benutting van die stelsel benadeel, wat beteken die regering sal sy hand dieper en dieper in die sak moet steek. Dít kan tog nie werk nie.

Van der Merwe sê die regering en Bombela stoei tans oor hierdie kwessie.

Hy verwag egter dat die opening van die oorblywende deel van die spoorlyn tussen Rosebank en Parkstasie in Johannesburg die toepassing van die kontrak soos dit oorspronklik beoog is, sal vergemaklik.

Die passasierstal sal na verwagting met tussen 17% en 20% toeneem wanneer dié deel open omdat dit passasiers tot in die Johannesburgse middestad sal neem.

Die Gautreinstelsel het teoreties die vermoë om 250 000 passasiers per dag te vervoer, maar die huidige mikpunt is 100 000, sê Van der Merwe.

Tans is die treine in die spitstyd vol en die GMA het Bombela reeds versoek om meer agt-wa-treine per dag te gebruik.

Hy sê passasiers se ritte is langer as wat aanvanklik verwag is, wat beteken dat ’n sitplek kwalik meer as een keer per rit verkoop kan word. Dit kan egter verander namate beplande eiendomsontwikkelings langs die roete voltooi word.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...