24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Geloofwaardigheid bepaal gradering

Feb 06 2012 07:00 Jac Laubscher

Verwante Artikels

Spaanse krisis 'n waarskuwing vir SA

Gradering probleem vir Sanral?

Transmed verswak verder

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die ink op die 2011 mediumtermyn-begrotingsraamwerk was skaars droog toe kondig Moody’s aan hy het sy vooruitsig vir Suid-Afrika se kredietgradering van stabiel tot negatief verlaag.

Twee maande later, en ongeveer ’n maand voor die bekendmaking van die 2012- nasionale begroting, is Moody’s gevolg deur Fitch met ’n soortgelyke besluit.

Albei graderingsagentskappe het op grond van dieselfde inligting tot die slotsom gekom dat die geloofwaardigheid van Suid-Afrika se mediumtermynbegroting verdag is.

In antwoord op die afgraderings het die nasionale tesourie die graderingsagentskappe se besluite toegeskryf aan die verswakkende staatskuldposisie wêreldwyd, veral in Europa, en die gepaardgaande stroom afgraderings, eerder as aan faktore wat eie aan Suid-Afrika is.

Die tesourie het ook na die mediumtermyn-begrotingsraamwerk verwys as ’n vaste aanduiding van die toekomstige fiskale voornemens van die Suid-Afrikaanse regering en te kenne gegee dat dit as ’n feit aanvaar moet word.

Ongelukkig lei dit net tot ’n sirkelargument.

Geloofwaardigheid is uiteraard nie net ’n kwessie van die sienings van kredietgraderingsagentskappe nie maar, belang­riker, die kapitaalmark.

Wat die staat se leningskoste betref, toon die opbrengskoerse op staatseffekte nie die volgehoue opwaartse neiging wat ’n aanduiding sou wees van ’n geloofwaardigheidskrisis nie.

Geloofwaardigheid is nie iets waarop na willekeur aanspraak gemaak kan word nie; dit moet verdien word deur konsekwent oor ’n lang tydperk die beloofde gedrag te toon.

Met ander woorde, dit is ’n mens se historiese prestasie wat saak maak. ’n Vinnige ondersoek na Suid-Afrika se onlangse fiskale geskiedenis behoort dus ’n duidelike aanduiding te gee of die aanspraak op geloofwaardigheid geregverdig is of nie.

’n Vergelyking van die verloop van staatsbesteding en -inkomste en die begrotingsaldo vir die begrotingstydperk 2006 tot 2009 (d.w.s. die Mbeki-Manuel-era) – vanaf die eerste ramings in die toepaslike me­diumtermyn-be- grotingsraamwerk tot die finale uitslag drie jaar later vir die betrokke begrotingsjare – met die daaropvolgende drie begrotingsjare tot 2011-’12 (d.w.s. die Zuma-Gor­dhan-era), lewer interessante resultate.

Die opvallendste kenmerk van hoe die begroting gedurende die drie jaar tot 2009 verloop het, is die konsekwent groot onder­beraming van staatsinkomste (meer as 25% van die eerste raming vir elke jaar). Die gevolg was dat die oorbesteding deur die regering maklik geabsorbeer kon word en die begrotingsaldo beter was as wat aanvanklik verwag is.

Waar staatsinkomste in die drie begrotingsjare tot 2008-’09 die aanvanklik verwagte bedrag met gemiddeld 28% oorskry het, was staatsbesteding in die mees onlangse drie begrotingsjare gemiddeld 22% groter as wat aanvanklik geraam is.

Indien akkuraatheid die bepalende faktor was, sou die geloofwaardigheid van die begrotingstydperk voor 2008-’09 dus meer problematies gewees het as die huidige begrotingsposisie – wat nie die geval was nie!

Maar oorbesteding word klaarblyklik nie met dieselfde verdraagsaamheid as oorskotinkomste bejeën nie. Solank die oorskotinkomste nie in ’n permanente toename in besteding opgeneem word nie (wat slegs gedeeltelik die geval was in 2008-’09, soos die meegaande grafiek duidelik toon), veroorsaak dit nie enige nalatenskapprobleme nie.
Oorbesteding is egter ’n ander saak omdat dit baie moeilik is om staatsbesteding, veral herhalende lopende uitgawes, soos ­lone en salarisse, te verminder.

Oorskotinkomste wat grotendeels die gevolg van beter belastingnakoming is, is ook ’n tegniese kwessie, terwyl oorbesteding ’n politieke kwessie is wat nie sonder meer sonder twis reggestel kan word nie.

Dus, hoe geloofwaardig is die huidige mediumtermynbegroting?

Die 2011-raamwerk beloof ’n nominale toenamekoers van 8,4% per jaar in staatsbesteding vir die drie begrotingsjare tot 2014-’15, wat tot gevolg sal hê dat besteding as ’n persentasie van bruto binnelandse produk (BBP) van 32,9% in 2011-’12 tot 31% in 2014-’15 sal daal.

Inkomste, daarenteen, sal in hierdie tydperk met na raming 11% per jaar styg, wat ’n afname in die begrotingstekort van 5,5% van die BBP in 2011-’12 tot 3,3% in 2014-’15 en die stabilisering van die bruto leningskuld-tot-BBP-verhouding op ongeveer 42% sal meebring.

Die geloofwaardigheid van die inkomstevooruitskattings hang hoofsaaklik af van hoe realisties die onderliggende ekonomiese vooruitskattings is.

Die BBP sal na raming met 4% reëel per jaar groei en die eerste jaar gaan waarskynlik klaar teleurstel met groei van ongeveer 2,5%.

Om die geskatte waardes vir die begrotingstekort en staat­skuld te behaal, sal dus vereis dat staatsbesteding teen ’n traer koers toeneem.

Is dit ’n realistiese verwagting wanneer die aanname dat die loon- en salarisrekening, wat 40% van besteding uitmaak, in reële terme sal daal, reeds verdag is?

Daarbenewens is staatsbesteding onder opwaartse druk as gevolg van die toenemende rol wat die staat beplan om in die ekonomie te speel – die finansiering van die beoogde spesiale ekonomiese sones is byvoorbeeld nog nie uitgestippel nie.

In sy antwoord aan die graderingsagentskappe het die nasionale tesourie dit ook duidelik gestel dat die fiskale riglyne soos voorgestel in die 2011-begrotingsoorsig die grondslag van die fiskale posisie verteenwoordig.

Hierdie riglyne is gegrond op drie beginsels, naamlik ’n anti­sikliese benadering, die volhoubaarheid van skuld op lang termyn en billikheid tussen opeenvolgende geslagte.

Wat die toepassing van hierdie beginsels betref, het die nasionale tesourie voorgestel dat ’n jaarlikse teiken vir die strukturele begrotingsaldo gestel word, die koste van bestaande en nuwe programme uitdruklik bepaal word en ’n tydraamwerk vasgestel word waarin die begroting­saldo weer in ooreenstemming met die mikpunt gebring moet word. - Laubscher is ’n groepekonoom van Sanlam en vorige wenner van Sake24 se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...