24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Ondernemers, probeer iets nuuts

Feb 02 2012 07:00 Tommy du Plessis

Verwante Artikels

Wenke moet in praktyk ook werk

Kleinsake het ook slaggate

Verbruikers sku vir groot lening

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Dit is ironies hoe baie mense aan die begin van ’n jaar nuwejaarsvoornemens het. Al weet hulle dat dit eintlik tog nie werklikheid gaan word nie – maar tog, die hoop beskaam nie!

So is dit ook by sake-ondernemers. Ek hoor gereeld hoe sakeondernemers met verwagting praat van hierdie jaar sus of hierdie jaar so – so al asof dit die nuwe jaar is wat nuwe insig en vaardighede moet bring. Maar dit kan tog gebeur.

Dikwels hoop ons maar net dat dinge sal verbeter, maar as jy nie jou planne hersien en aanpas nie, sal dieselfde gebeur as in die verlede.

Dit is dus tog ’n goeie plan om met die aanbreek van die nuwe jaar nuwe planne of doelwitte vir jou onderneming te stel.

Sukses in sake-ondernemings gebeur egter nie vanself nie. Dit is beslis ook nie die gevolg van geluk nie

, ofskoon geluk altyd verwelkom sal word. Sukses is die gevolg van die eienaar of bestuurder se goeie insig, oordeel en veral bestuurs- en beplanningsvernuf.

Dit is ook ’n goeie tyd om bestek op te neem van die onderneming. Dikwels is die onderneming sowel as die ondernemer in ’n groef en weet hulle nie heeltemal hoe om te ontsnap nie.

Oorweeg die volgende:
(nie nuwejaarsvoornemens nie):

Delegeer meer:

Dikwels is die sake-ondernemer so gewoond daaraan om al die besluite te neem dat hy of sy vergeet daar is ander bekwame men­se in die onderneming wat dalk met nuwe oë na ’n probleem kan kyk en beter oplossings kan bied.

Bemark deurlopend:

Sake-ondernemers moet besef dat enige vorm van reklame eers ná die agtste poging doeltreffend raak.

Beplan weekliks :

Beplanning is nie ’n eenmalige aksie aan die begin van die jaar nie. Daar is sekerlik aspekte soos kontantvloei en voorraad wat weekliks beplan en bestuur moet word.

Leer iets nuuts:

Die vaardighede van mededingers verbeter daagliks namate nuwe toetreders die mark betree. Moenie onverhoeds betrap word nie en sorg dat almal in die onderneming op die hoogte van nuwe produkte, toerusting en tegnologie bly.

Verbeter sake-netwerke:

Dit is dalk nou die tyd om jou by ’n sakekamer of soortgelyke sake-netwerk aan te sluit. Moenie vra wat dit vir jou kan beteken nie – vra eerder wat jy vir jou sakegemeenskap kan beteken. In die proses sal jou onderneming beslis daarby baat vind.

Koop jouself om:

Dis glad nie ’n slegte plan om jouself om te koop ten einde sekere doelwitte te bereik nie. Belowe jouself die lank verwagte vakansie of lang naweek as jy sekere doelwitte in die onderneming bereik. Só hou jy die persoonlike motiveringsvlakke lewendig.

Loop weg:

As jy nie meer die motivering het om sekere dinge in die onderneming te doen nie, moet jy dit oorweeg om iemand anders die kans te gee om die probleem op te los of toegee dat ’n oplossing nie moontlik is nie. Oorweeg die alternatiewe, neem ingeligte besluite en bly daarby.
As ’n sake-ondernemer jaar ná jaar dieselfde dinge doen as die vorige jaar, moet hy of sy nie verbaas wees as dieselfde resultate behaal word nie! Wees daarom kreatief – probeer iets nuuts!

 - Prof. Du Plessis is die direkteur van die Potchefstroom Besigheidskool (PBS) van die Noordwes-Universiteit waarby die Adviesburo vir Kleinsakeondernemings (ABKS) ingelyf is.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...