24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...
Waar's ek? Tuis

Openbare debat oor gas is nodig

Jan 26 2012 07:00 Francois Williams

Verwante Artikels

COP17: Eskom kyk eers of gas in Moz nie warm lug is

Nuwe Kubu soek Botswana-gas

Afika se gas-storie begin net

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Kaapstad. – Die voordele van die ontginning van onkonvensionele aardgasbronne in Suid-Afrika oorskadu die omgewingsrisiko van hidrouliese breking, sê prof. Maarten de Wit, geoloog van die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port Elizabeth.

Maar hy vertrou nie die maatskappye soos Shell en ander om hulself doeltreffend te reguleer nie. Hy vertrou ook nie die regering om die bedryf doeltreffend te reguleer nie.

Hy vertrou nie die media om akkuraat, objektief en gebalanseerd oor die debat oor skaliegas en hidrouliese breking te berig nie.

Hy vertrou nie omgewingsgroepe om akkurate inligting oor die kwessie te versprei nie, en hy vertrou ook nie die ryk grondeienaars en prokureurs nie, het hy in ’n lesing oor die skaliegasdebat by die Universiteit van Kaapstad se Somerskool gesê.

De Wit meen wat nodig is, is ’n werklike openbare debat met korrekte en betroubare inligting, en onafhanklike forensiese monitering van gasmaatskappye se bedrywighede.

Hy meen boonop bestaande boerderybedrywighede in die Karoo, waar Shell en ander groepe skaliegas wil ontgin, is nie volhoubaar nie.

Huidige boerderypraktyke soos skaapboerdery lei volgens hom tot baie vinniger gronderosie in die Karoo as om die gebied in sy natuurlike staat te los.

De Wit sê daar is wel bewyse dat aardgas al gelek het tot in drinkwater weens hidrouliese breking en skaliegasontginning.

Wat gedoen moet word, is om waterboorgate in Suid-Afrika nou reeds te toets en die gasinhoud van ondergrondse waterbronne en boorgate te toets om ’n maatstaf te hê waaraan gasmaatskappye se bedrywighede gemeet kan word.

Suid-Afrika het egter nie die soort verfynde toerusting om sulke toetse te doen nie.

Die enigste laboratorium wat sulke toetse kan doen, is in Kanada.

Lekkasies vind plaas weens swak konstruksie van sement- en staalvoerings in skaliegas-boorgate, wat veroorsaak dat die metaangas na ondergrondse waterbronne uitlek.

Hoewel ingenieurs boorgate ontwerp om lekkasies onwaarskynlik te maak, gebeur dit dat kontrakteurs kortpaaie vat om geld te bespaar.

De Wit sê dit is wat in die olieramp in die Golf van Mexiko gebeur het, waar die kontrakteur Halliburton goedkoop sement uit Venezuela gebruik het om geld te bespaar.

Hoe ouer ’n boorgat is, hoe groter is die kans dat lekkasies ontstaan. Spesiale toetse is nodig om te kan bewys waarvandaan die gas kom wat uitlek.
 

 
 
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...