Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Jonathan: Gaan hy gaping vat vir ‘nuwe’ De Beers?

Jul 28 2010 08:39 Maarten Mittner Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

De Beers verloor Penny

Vraag na diamante op met 84%

'Wettig diamante uit Zimbabwe'

 
Die skielike bedanking van mnr. Gareth Penny as uitvoerende hoof van De Beers op ’n jeugdige 48 maak heelparty nuwe interessante bestuurskuiwe by die diamantreus moontlik.

De Beers wil nie verdere inligting bekend maak oor die redes vir Penny se bedanking nie, maar dit is waarskynlik om persoon­like redes.

Penny se bedanking kom net ná die bekendmaking van De Beers se halfjaarresultate wat aangetoon het dat die groep se finan­siële prestasie duidelik verbeter het.

Volgens die Internasionale Diamantvervaardigersvereniging (Idma), was De Beers se jongste voorbelaste tussentydse wins van $760 miljoen die hoogste in sy bestaan.

Penny het die afgelope vyf jaar ’n reuserol gespeel om De Beers op die veranderende speelveld te posisioneer as ’n meer mededingende deelnemer in die diamantbedryf.

Die herposisionering het saamgeval met verskeie uitdagings, soos die rol van Anglo American as meerderheidsaandeelhouer met ’n belang van 45% in die groep, die terugbetaling van $3 miljard se skuld, die opening en bemarking van nuwe winkels, asook die rol van die Diamanthandelsorganisasie wat as voorkeurverskaffer van diamante moet optree en nie meer die houer van finale voorraad is nie.

Daarby was daar die omstredenheid oor die Kimberley-proses om sogenaamde “bloeddiamante” uit konflikgebiede uit die diamanthandel te hou.

Penny het sy taak verrig so goed soos wat hy moontlik kon. Maar dit was moeilik en uitdagend, want die Oppenheimers – dit is nou Nicky as voorsitter tesame met sy seun Jonathan wat verskeie bestuurstake in die groep hanteer – is harde leermeesters.

Dit ly min twyfel dat Penny op ’n hoogtepunt uittree. Die laaste twee jaar was moeilik. Die groep moes inderhaas bedrywighede inkort weens die finansiële krisis.

Tot tyd en wyl sal mnre. Stuart Brown, finansiële hoof, sowel as mnr. Bruce Cleaver, bedryfshoof, die leisels vashou.

Waarnemers meen Brown is die voorloper om uiteindelik Penny se skoene vol te staan, hoewel hy nog betreklik jonk is en sy De ­Beers-loopbaan in 1992 by Cullinan begin het.
Die feit dat die groep tussentyds deur twee mense saam bestuur word, dui op onsekerheid oor ’n opvolger.

Die spreekwoordelike derde hond kan egter met die been wegloop. Die jonge heer Jonathan blaas as uitvoerende direkteur dalk meer in die ander kandidate se nek vir die toppos as wat hulle besef.

In die ou dae sou daar geen twyfel bestaan het dat hy die uitvoerende hoof sou word nie, net soos sy pa Nicky, sy oupa Harry en sy oupagrootjie sir Ernest.

Die vraag is egter of Jonathan nou mooi in die veranderende prentjie inpas. Jonathan is enkele jare gelede aangestel om De Beers se Suid-Afrikaanse belange in De Beers Consolidated Mines te bestuur. Sy rol was toe oorwegend om ’n bemagtigingstransaksie te sluit en van die belange te ­verkoop, onder meer Cullinan, om De Beers se kontantvloei te verbeter.

Omdat die Suid-Afrikaanse belange grootliks ’n kontantkoei vir die res van die groep was, kon Jonathan nooit werklik sy staal hier wys nie.

Hy is uiteindelik Londen toe verplaas om pa Nicky by Charterhouse Road uit te help.

Een van die redes wat genoem word, is dat hy met die Brenthurst-inisiatief te veel “raad” aan oudpres. Thabo Mbeki gegee het oor hoe om werkgeleenthede in Suid-Afrika te skep en so in ’n politieke mynveld beland het.

Dit sal nie goed inpas by me. Cynthia Carroll, uitvoerende hoof van Anglo American, se planne om goeie regeringsbande te smee nie. Die vraag is ook of die ander aandeelhouers in De Beers tevrede sal wees met hom.

Anglo swaai nou die septer met ’n belang van 45% met die ander aandeelhouers die Oppenheimer-familie self (40%) en Debswana (15%).

Die gerugte was vroeër dat Anglo belang stel om De Beers te ontknoop en dat De Beers weer sal noteer met ’n potensiële markwaarde van tot $8 miljard. Die bewerings is vir eers deur Carroll weerlê.

Feit is dat Carroll reeds heelwat van die gevestigde bestuurskorps van Anglo in die pad gesteek het in haar fokus op meer wetenskaplike bestuursmetodes. Dit laat nog ’n vraagteken oor Jonathan se kop hang.

Maar dit is nie onmoontlik nie dat De Beers se nuutste stewige resultate Jonathan kan aanspoor om na die kroon te reik. In die verlede is aanstellings gewoonlik van binne die groep gedoen en het dit veral gegaan na diegene wat goed met die familie kan saamwerk.

Al dié faktore sal oorweeg word voor ’n aankondiging na verwagting binne die volgende drie maande gemaak word. Die keuse lyk al meer na Jonathan in ’n­ ­nuwe genoteerde De Beers óf Brown binne die Anglo-opset.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...