24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...

Mislukte revolusie-droom se as tref werkers

Aug 16 2010 08:25 Jan de Lange

Verwante Artikels

Zuma se stilte oor arbeid is skoot in sy eie voet

Só gewigtig is elke amptenaar se werk

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die jaarlikse arbeidsregkonferensie van die regsuitgewers LexisNexis is al 15 jaar lank ’n spieëlbeeld van onderstrominge in die land se werkmag.

Die sprekers en die gehoor van sowat ’n duisend is ’n unieke vermenging van top-regslui, gewone regspraktisyns, kwasi-regslui wat werk vir ’n wye verskeidenheid organisasies wat insluit vakbonde en bedingingsrade en senior bestuurders van mensehulpbron-afdelings van al die land se grootste maatskappye.

’n Mens wil nie negatief wees nie. Ons het immers al lank ’n oordosis aan slegte nuus, maar die stemming op verlede week se konferensie kon ’n mens nie miskyk nie: Die land se mensehulpbron-strategie is besig om te misluk.

Aan die bopunt is die vergoeding van maatskappy-hoofde besig om buite beheer te raak. ’n Gesamentlike voorlegging deur twee arbeidsprokureurs wat hierin spesialiseer, mee. Debbie Collier en Kathy Idensohn, het die belaglikheid uitgewys van ekonome wat eis dat vakbonde se looneise met inflasiekoerse moet tred hou.

“Die salarisse van uitvoerende direkteure het verlede jaar met gemiddeld 11,6% gestyg. Uitvoerende hoofde se salarisse het met gemiddeld 14% toegeneem en nie-uitvoerende direkteure se vergoeding het met 15% gestyg. Die gemiddelde loon van lae loon-werkers het met 10,1% gestyg,” het Collier gesê.

Die gemiddelde vergoeding van ’n uitvoerende direkteur was R6,4 miljoen per jaar. ’n Uitvoerende hoof s’n was R10,4 miljoen en ’n nie-uitvoerende direkteur het gemiddeld R522 000 huis toe geneem.

Die gemiddelde loon van laags besoldigde werkers was R31 704 per jaar, het Collier gesê.

Apartheid was ’n stelsel wat enorme ongelykhede geskep het. Daarom is post-apartheid Suid-Afrika onherroeplik daartoe verbind om ongelykheid te verminder, maar 16 jaar later is die boodskap uit die gemeenskap van professionelemensehulpbronprak­tisyns soos op dié arbeidsreg-konferensie baie ondubbelsinnig: Ons verloor hierdie stryd.

Ongelykheid word trouens groter, nie kleiner nie.

Die afgelope 16 jaar is ’n miljoen werkers in een of ander vorm van informele werk – soos arbeidsmakelary – met minder sekuriteit ingestoot, het mnr. Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse hoofsekretaris van Cosatu, op die kongres gesê.

Volgens hom was dié vorm van indiensneming in ’n ekonomiese sin en in praktyk ’n terugkeer na slawe-arbeid.

Die taamlike sinnelose debat oor ’n algehele verbod op arbeidsmakelary moet dalk die skuld kry daarvoor dat die gevolge van dié werkvorm nooit werklik in die sakegemeenskap oorweeg word nie.

Dié werkvorm is dalk geskep om die koste van sake doen te verminder deur uit die gewaande “duur” arbeidswetgewing uit te kontrakteer.

Dit sou hopelik lei tot groter winsgewendheid en vinniger ekonomiese groei wat op sy beurt meer werkgeleenthede skep.

Maar arbeidstatistieke wys dat dit nie gebeur het nie. Die werkgeleenthede wat wel geskep is, het blitsvinnig tot niet gegaan in die resessie, al is Suid-Afrika in ander opsigte minder erg deur die afswaai getref. Maar die uitwerking van die informele werkvorm op die maatskaplike weefsel van werkergemeenskappe was vernietigend.

“In ’n land met ’n effektiewe werkloosheidskoers van 40% met bitter skraal vooruitsigte op indiensneming op die kort termyn, lê daar ’n verskriklike las op werkers wat wel salarisse verdien. ’n Loonverdiener het nie net sy onmiddellike gesin vir wie hy moet sorg nie – sy uitgebreide familie is ook van hom afhanklik. Wanneer só iemand se inkomste verminder word deur ’n verskuiwing van formele na informele indiensneming, het dit ’n vernietigende uitwerking – op sy onmiddellike familie maar ook op sy uitgebreide familie.

“Die maatskaplike uitwerking daarvan is enorm. Ons voeg nou by die leër van werkloses nóg ’n groep met minder veilige werk, wat nie meer in staat is om te begroot en te beplan vir hul naasbestaandes nie. Soos werkloses kan hulle nie meer op ’n betekenisvolle manier aan die ekonomie deelneem nie,” sê Ehrenreich.

Hy meen dít is die rede waarom ongelykheid in die land toegeneem het sedert die einde van apartheid, soos die gini-koëffi­siënt (’n manier om die ongelyke verdeling van inkomste te meet) toon wat verlede jaar op 0,679 gestaan het. Suid-Afrika dra daarmee die brandmerk dat hy nou die mees ongelyke gemeenskap ter wêreld is. Dis ook die grondliggende oorsaak van die tekens van maatskaplike onstabiliteit en oproer oor gebrekkige dienslewering wat nou in gemeenskappe gesien word. (Tien jaar gelede sou niemand dit gewaag het om enige protesaksie in townships te loods sonder Cosatu se medewerking nie. Deesdae is dit taamlik algemeen.)

Dis die simptome van die revolusiedroom wat nie waar geword het nie, die werkers wat die winste van die revolusie misgun word en die droom van maatskaplike verandering wat nie waar word nie.

Dit moet onvermydelik tot stryd lei. Op die oomblik is die howe en ander instellings nog die terrein van dié stryd, maar dis geleidelik besig om dié instellings te verswak.

Daarom klink daar toenemend eise op soos die verbod op arbeidsmakelaars, die nasionalisering van myne en eise vir grondbesettings. Dis ook die rede vir ’n toename in stakingsyfers, ná meer as ’n dekade waarin stakings ál minder geword het.

Sestien jaar van ekonomiese groei het nie die maatskaplike wonde laat genees nie. Pleks daarvan het hebsug die maatskaplike akkoord en die Grondwet en ander wetgewing losgetorring.

“Ons het ’n nuwe visie nodig wat die reg in lyn bring met ons maatskaplike werklikhede,” het Ehrenreich gesê.

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...