24games Ancestry24 Answerit Blueworld Careers24 Channel24 Fin24 Sake24 Food24 GoTravel24 Health24 Kalahari.net Mobile My Account News24 Nuus24 Parent24 Property24 Spaces Sport24 Weather24 Wheels24 Women24

Kry toegang tot portfefeuljes, finansiele ontledings en -vergelykings en veel meer. Teken in met jou huidige Sake24 aanmeldingsbesonderhede. Probeer dit nou! Let daarop dat hierdie produk slegs in Engels beskikbaar is.

Data verskaf deur McGregor BFA
All data is delayed
Besig om te laai...

Ploeg die SAL nog met Ngqula se kalwers?

Sep 15 2010 08:58 René Vollgraaff

Verwante Artikels

Onreëlmatighede by SAL lankal uitgewys

SAL-ondersoek kos R15 m.

'Ngqula 'n obstruksie in ondersoek'

 

Top Stories

Petrol uitfasering tref dié motors

Mei 21 2012 05:00

Die beoogde uitfasering van loodvervangingspetrol gaan sekere motoreienaars geld kos.

Beloftes oor infrastruktuur bly leeg

Mei 21 2012 05:00

Geen van die staat se beloofde infrastruktuurprojekte het nog ’n werklikheid geword nie.

Chinese wil SA-wyn proe

Mei 21 2012 05:00

Verskeie SA wynmakers het reeds ingeskryf vir die toonaangewende Chinese Wyntoekennings-plegtigheid.

 
Share Share line Print
Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se indrukwekkende wins van R581 miljoen in die jaar tot einde Maart het die afgelope twee dae hoofopskrifte gehaal.
Dis sekerlik verstaanbaar nadat die lugdiens skaars twee jaar gelede nog ’n verlies van R1,1 miljard gerapporteer het en negatiewe beriggewing oor die SAL se vorige uitvoerende hoof, mnr. Khaya Ngqula, die laaste tyd positiewe berigte oor die SAL oordonder het.

Me. Siza Mzimela, die SAL se nuwe uitvoerende hoof, het ­­eer­gister breed geglimlag toe sy die goeie nuus in die afgelope fi­nan­siële jaar aan die pers uitgelig het.

’n Vraag oor die regsgeding waarin die SAL en Ngqula tans gewikkel is oor miljoene rande se ongemagtigde uitgawes in sy tyd by die lugdiens, is ontwyk.

Mnr. Fani Zulu, die SAL se woordvoerder, het op die perskonferensie gesê hy het gehoop Ngqula sal nie ter sprake kom nie en die vraag na me. Cheryl Carolus, die SAL se voorsitter, verwys.

“Die gereg moet sy loop neem en ons is tevrede daarmee,” het Carolus oor die Ngqula-kwessie gesê.

Dit kan egter nie ontken word nie dat Ngqula ’n groot bydrae gelewer het tot die uiteindelike ommekeer van die lugdiens en die indrukwekkende winssyfers wat eergister aangekondig is.

Hy is in Februarie 2009 onder ’n wolk by die lugdiens weg en mnr. Chris Smyth, die SAL se bedryfshoof, het as uitvoerende hoof waargeneem tot Mzimela se aanstelling op 1 April vanjaar.

Mnr. Jan van der Walt, uitvoerende hoof van Corporate Renewal Solutions, ’n onderneming wat in korporatiewe omkeer­strategieë spesialiseer, sê akademiese navorsing toon dat dit minstens twee jaar neem vir ’n bepaalde omkeerstrategie om deur te werk.

“Ngqula se kostebesparings, besluite oor die vliegtuigvloot, roetekeuses, alliansies en finansiële en organisatoriese herstrukturering word tot sy krediet in hierdie en die vorige jaar se resultate weerspieël,” sê Van der Walt.

Mzimela het eergister juis gesê die lugdiens se Afrika-roetes, waarvan baie in Ngqula se tyd beplan of begin is, is die SAL se winsgewendste marksegment.

“Die post-Ngqula-era was nog te kort vir die nuwe leier (Mzimela sedert April hierdie jaar), en die tussentydse bestuur vir die voorafgaande 12 maande, om krediet te kry vir iets anders as vir die inburgering, verfyning en ver­nuwing van Ngqula se omkeerstrategie,” sê Van der Walt.

Smyth het ook ’n jaar gelede, toe die nuus van die SAL se betaling van R14 miljoen aan Ngqula uitgelek het, gesê die SAL het baie om Ngqula voor te bedank.

“Dit was sy visie wat gesorg het dat die SAL sy fokus na Afrika verskuif. Dié stap het die SAL waarskynlik gered en bly ook ons fokus vir die toekoms. Dit was ook op sy aandrang dat die SAL in 2007 met herstrukturering begin het.

“Al wat ek sê, is dat hy ook lof verdien. Dit was die bestuurspan wat hy aangestel het wat verantwoordelik was vir die ommekeer.”

’n Ommekeer is ’n herstel van ’n bestaansbedreigende daling in prestasie, verduidelik Van der Walt.

“As ’n mens die krediet vir die herstel van die SAL op die keper beskou, moet ’n mens die histories opeenvolgende omkeerprosesse in ag neem om te kan bepaal wie daarvoor verantwoordelik was.

“Vorige SAL-leiers het elkeen sy eie terugsny-aksie deurgevoer met kumulatiewe resultate tot en met vandag. Hoewel elkeen elemente van sy voorgangers se strategiese veranderinge verwerp het en nuwe elemente ingebring het, is daar ’n sterk lyn waar die een leier gebou het op sy voorgangers,” sê Van der Walt.

“Vir elkeen het die uitdagingsprentjie duideliker geword as gevolg van sy voorganger se werk en foute, en foute is deel van enige omkeerproses.

“Dit is dus verkeerd om Coleman Andrews net te onthou vir beweerde rekeningkundige manipulering om korttermynresultate te verkry, om vir André Viljoen te onthou vir die verskansingsverlies wat dalk nie eens sy skuld was nie, en vir Khaya Ngqula vir beweerde oortredings van korporatiewe bestuursreëls.

“Vandag se SAL-resultate is die gevolg van die kumulatiewe nalatenskap van elkeen, maar na my mening veral dié van Ngqula, wat van 2004 tot Februarie 2009 aan die stuur was.”

Intussen is Ngqula persona non grata by Airways Park en vlieg beskuldigings rond oor die skade wat hy die SAL berokken het.

Dalk moet ’n maatskappy wat binne twee jaar van ’n R1,1 miljard-verlies na ’n R581 miljoen-wins beweeg het, ook die “duiwel” gee wat hom toekom.

 
 
NEEM KENNIS: Ons is in die proses om ons kommentaarfasiliteit op te gradeer en sal binnekort ‘n intekenfasiliteit alleenlik vir Facebook-gebruikers op ons netwerk bekendstel, wat die gebruikerservaring op ons webwerwe en dienste sal verbeter.
Comment on this story
0 comments
Add your comment
Comment 0 characters remaining
OuBaas Julio

Ek het dit al voorheen genoem op hierdie blog: ek hou van rose. Maar rose is nie NET die blom nie: dis die hele pakket: wortel, stam, dorings, blare en blom. En dit gaan oor hulle interaksie met die grond, lug en lig, wind, water en jou sintuie. Want rose kan jy sien, voel en ruik…dalk selfs... Lees hulle blog...

Onlangs opgedateer

Regstellings

Sake24.com is daartoe verbind om joernalistiek van hoë kwaliteit te lewer. Indien ons 'n fout begaan, lig ons asb. in deur 'n e-pos te stuur na regstellings@sake24.com.

Ons sal die fout regmaak, en onderworpe aan redaksionele diskresie, die regstelling in dié boks plaas en lesers na die regte berig verwys.
Loading...