SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Regspunte:Nie perdekoop nie

Mei 25 2005 21:16 Andreas van Wyk Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

 
Die diaspora van Suid-Afrika se eerstewêreldse gemeenskappe beteken dat al hoe meer mense gekonfronteer word met vrae oor die regsgevolge van veral huwelike, maar ook dinge soos testamente, wat een of ander buitelandse konneksie het.

Al hoe meer Afrikaanssprekendes moet - soos hul anderstalige landgenote reeds vroeër - uitvind wat om te doen wanneer Sus wat in Londen werk, tydens haar vakansie in Griekeland verlief raak op Erik, die Sweedse toerleier uit Stockholm maar met Duitse burgerskap, en die tweetjies besluit om te trou.

Die huwelik gaan plaasvind in die Paarl, waar Sus vandaan kom en waar haar effens verdwaasde ouers woon. Ná die huwelik gaan die paartjie hulle in Hamburg in Duitsland vestig, waar die hoofkantoor van Eric se werkgewer is.

Die regsvereistes vir en -gevolge van sulke regshandelinge oor nasionale grense heen, of hulle nou persoonlik of kommersieel van aard is, word bepaal deur 'n vertakking van ons reg wat die internasionale privatereg (IPR) genoem word.

Dit is nie werklik internasionale reg oftewel volkereg nie, maar 'n onderafdeling van elke land se eie private reg, met die gevolg dat Suid-Afrika se IPR baie kan verskil van dié van byvoorbeeld Frankryk, Kanada of  Nederland.

Daar is al biblioteke vol geskryf oor die vraag waarom die een land se howe bereid is om 'n ander land se regsreëls te erken en toe te pas, maar daar is nog geen algemeen aanvaarde antwoord gevind nie.

Die feit is dat howe dit wêreldwyd doen en dat byvoorbeeld 'n Australiese hof in 'n geval met 'n Suid-Afrikaanse konneksie sonder probleme die Suid- Afrikaanse reg rakende die uitleg van testamente sal toepas op 'n testament van iemand wat permanent in Suid-Afrika woonagtig was toe hy die testament opgestel het.

Dit beteken dat die een land se hof moet weet wat die toepaslike regsreël in die betrokke ander land is. In lande wat hul hofprosesse by die Engelse oorgeneem het, soos ook Suid-Afrika, moet die inhoud van buitelandse regsreëls deur 'n deskundige getuie bewys word, wat vroeër altyd 'n gekwalifiseerde regspraktisyn uit die betrokke ander land moes wees.

Ons howe is deesdae egter baie meer buigbaar hieroor en is, indien nodig, ook bereid om getuienis deur 'n Suid-Afri kaanse deskundige wat die betrokke buitelandse regstelsel bestudeer het, te aanvaar.

In nie-Engelssprekende lande geskied die bewys van buitelandse reg gewoonlik deur plaaslike akademici wat die betrokke regskwessie nagevors het.

Van sleutelbelang vir die toepassing van buitelandse reg is die bestaan van een of ander verbintenis tussen 'n regs kwessie en 'n vreemde land. In die geval van familieregtelike en erfregtelike handelinge gebruik ons Romeins-Hollandse IPR van oudsher af die begrip domisilie (domicilium) as die hoofaanknopingspunt.

Domisilie is die plek waar 'n volwassene fisiek woonagtig is en waar hy of sy van plan is om permanent te bly woon.

Dit is dus nou verwant aan die begrip permanente woonplek, maar is tog iets meer. Iemand kan dus op een plek gedomisilieerd wees, maar op 'n ander plek permanent woonagtig wees. Die vestiging van 'n domisilie is 'n suiwer feitlike vraag en het met owerheidstoestemming niks te make nie.

'n Tipiese voorbeeld is die 28-jarige Piet wat in Randburg gebore en getoë is en nou al vyf jaar in Engeland werk. Solank hy nog nie finaal besluit het om hom permanent in Engeland te vestig nie, bly sy domisilie in Suid-Afrika, al het hy sy permanente woonplek in die buiteland.

Met burgerskap het dit in ons reg niks te doen nie. Daar is honderdduisende mense in Suid-Afrika met 'n Suid-Afrikaanse domisilie, maar wat na 30 jaar hier nog hul oorspronklike Britse, Duitse of Portugese burgerskap behou het.

Die IPR van die meeste Europese regstelsels is egter juis aan burgerskap gekoppel, 'n benadering wat sy oorsprong gehad het in die sterk nasionalisme van die 19de eeuse Europese vasteland.

Volgens die Duitse reg word die finansiële gevolge van 'n huwelik byvoorbeeld bepaal deur die burgerskap van die egpaar op die oomblik van huweliksluiting, maak nie saak waar hulle getrou het en waar hulle gedomisilieer is nie.

Trou twee Duitse burgers met mekaar in Kaapstad, waar hulle ook reeds baie jare lank woon en werk, is dit volgens die Duitse reg 'n huwelik waarvan die gevolge deur die Duitse reg bepaal word.

Het hulle volgens die Suid-Afrikaanse reg reeds 'n domisilie in Suid-Afrika , sal dit volgens ons reg die Suid-Afrikaanse reg wees wat bepaal of hul huwelik binne of buite gemeenskap van goedere en met of sonder die aanwasdeling is. Ook die Engelse reg (en stelsels wat daarop gebou het) het aan domisilie as aanknopingspunt bly vashou.

Die voorbeeld van die Duitsers wat in Kaapstad trou, toon die groot gevaar dat mense tussen twee botsende regstelsels kan beland. Gaan dit oor iets soos die sogenaamde vermoënsregtelike gevolge van 'n huwelik (gemeenskap van goed, aanwasdeling, huweliksvoorwaardes, ensovoorts) of oor gewone kontrakte, kan mense deur duidelike skriftelike afsprake oor watter regstelsel op hulle huwelik of kontrak van toepassing sal wees, so 'n ongemaklike situasie voorkom.

Dit word egter baie moeilik as dit gaan oor regsreëls waarvan nie deur onderlinge afspraak afgewyk kan word nie, soos die vereistes vir 'n geldige huwelik.

Jare lank kon die mooie Sophia Loren nie haar voete in haar vaderland, Italië, sit nie omdat sy en haar man Carlo Ponti hulle in die oë van die Italiaanse reg aan bigamie (veelwywery) skuldig gemaak het.

Ponti was reeds vantevore getroud en in Frankryk geskei, waar hy met Loren getrou het, maar Italië het geen egskeiding erken nie, ook al is dit in die buiteland toegestaan.

Eers nadat Italië, soos daarna ook baie ander Katolieke lande, self egskeiding moontlik gemaak het, kon die Ponti's se huwelik in Italië erken word.

Dieselfde soort probleem gaan in die toekoms met betrekking tot huwelike tussen twee mense van dieselfde geslag ervaar word.

Wat gaan 'n Britse hof doen met 'n "huwelik" tussen twee mans ingevolge die wetgewing wat tans deur die Spaanse parlement oorweeg word?
   

  •  Van Wyk is 'n voormalige professor in handelsreg en oudrektor van die
    Universiteit van Stellenbosch.
    • page

     

    Lewer kommentaar

    (Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
    Kommentaar vir hierdie artikel is toe

    Indekse

    Laas Opgedateer: Dins 16:28

    Kyk na datablaaie

    Maatskappye-Kitsblik

    Compare and Buy

    Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

    Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
    Loading...