Een
van die grootste probleme met die korporatiewe beheermodel in staatsondernemings
is dat rolle verwar word.
Direksies
word deur aandeelhouers aangestel en aanspreeklik gehou vir die bedryf van die
onderneming.
“Dit
is die aandeelhouers wat uiteindelik die raad tot orde moet roep. Maar nou is
die regering die aandeelhouer,” sê me. Lindie Engelbrecht, direkteur van Ernst
& Young se afdeling vir korporatiewe beheer en volhoubaarheidsdienste.
Die
verhouding tussen die uitvoerende hoof en die direksie van staatsinstellings is weer sterk in die
kollig nadat die bevindinge van die KPMG-ondersoek oor ongerymdhede by die
Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) verlede week bekend
gemaak is.
Mnr.
Khaya Ngqula, voormalige uitvoerende hoof, se kaartehuis het inmekaargetuimel
toe die vakbond Satawu ’n verslag met klagtes teen hom en ander senior
bestuurslede by me. Brigitte Mabandla, destydse minister van openbare
ondernemings, ingedien het.
Volgens
Engelbrecht sal die verhouding tussen die
uitvoerende hoof en die direksie in
staatsondernemings weer ontleed moet word.
Die
probleem is dat die onderliggende wetgewing ten opsigte van staatsondernemings
nie aandag gee aan korporatiewe beheer nie.
’n
Direksie kan nie net sê “dit is nie ons probleem
nie”.
Sy
sê die direksie van enige maatskappy kan sy
verantwoordelikhede delegeer, maar hy kan dit nié doen met sy aanspreeklikheid
nie.
Dit
is die direksie wat moet toesien dat sy
uitvoerende hoof sy gedelegeerde magte uitvoer.
Berigte
en bespiegelinge oor verkwistende besteding by die SAL het die ronde gedoen geruime tyd voordat die
forensiese ondersoek gelas is.
Engelbrecht,
wat voorheen aan die hoof van die Instituut vir Direkteure was, sê
nie-uitvoerende direkteure bevind hulle in uiters onbenydenswaardige
omstandighede.
“Hulle
mag nie op ’n daaglikse grondslag betrokke raak by die onderneming nie en moet
besluite neem op grond van die inligting wat hulle van die bestuur kry.”
Dit
is belangrik om te weet in watter mate die nie-uitvoerende direkteure die regte
vrae gevra het om vertroue te kry in die inligting wat aan hulle verskaf
is.
Die
besluite wat hulle neem op grond van die inligting wat aan hulle gegee word,
moet die bepalings van die wet in ag neem. Dit moet ook in die beste belang van
die onderneming wees.
In
die SAL se geval is dit duidelik dat van die
besluite nié in die beste belang van die lugdiens was nie. Die direksie het eers in Februarie 2009 die forensiese
ondersoek aangevra, hoewel daar toe reeds lankal vermoedens van ongerymdhede
was.
Die
SAL se ouditeur, Deloitte, het in 2006 en in 2010
verslae aan die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (ORO) gestuur waarin
onreëlmatighede aangemeld is.
Die
ORO het die verslae gestuur aan sekere ministers, onder andere mnr. Alec Erwin,
destydse minister van openbare ondernemings, en mnr. Pravin Gordhan, minister
van finansies.
Die
nasionale tesourie het vandeesweek gesê die finale verantwoordelikheid vir die
hantering van die kwessie van onafhanklike ouditeure, is die direksie van die SAL.
Mnr.
Jabulani Sikhakhane, kommunikasiehoof van die nasionale tesourie, sê gegewe die
onlangse gebeure (die openbaarmaking van die KPMG-verslag), is die nuwe direksie wel besig om die kwessies te hanteer.
Volgens
die departement van openbare ondernemings het die 2006-verslag gehandel oor die
SAL se verkrygingsbeleid, wat nie “billik,
deursigtig, mededingend of kostedoeltreffend” was nie.
Die
direksie het die nodige stappe gedoen om die
verkrygingsbeleid te verbeter.
Dit
is in Maart 2007 en in November 2007 aan die staande komitee oor openbare
rekenings voorgelê. Op dié vergaderings is indringende vrae oor onder meer
prestasiebonusse van R60 miljoen gevra.