Veranderinge kan KMO’s tot hul reg laat kom

Dit is verbasend dat die regering nie daarin kon slaag om ’n ondersteuningstelsel vir KMO’s op die been te bring nie.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

SAL-direksie se rol in kollig

Jul 26 2010 08:46 Amanda Visser Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

Onreëlmatighede by SAL lankal uitgewys

Lugdiens se lugtyd dalk op voor opstyg

SAL-ondersoek kos R15 m.

 
Een van die grootste probleme met die korporatiewe beheermodel in staatsondernemings is dat rolle verwar word.

Direksies word deur aandeelhouers aangestel en aanspreeklik gehou vir die bedryf van die onderneming.

“Dit is die aandeelhouers wat uiteindelik die raad tot orde moet roep. Maar nou is die regering die aandeelhouer,” sê me. Lindie Engelbrecht, direkteur van Ernst & Young se afdeling vir korporatiewe beheer en volhoubaarheidsdienste.

Die verhouding tussen die uitvoerende hoof en die direksie van staatsinstellings is weer sterk in die kollig nadat die bevindinge van die KPMG-ondersoek oor ongerymdhede by die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) verlede week bekend gemaak is.

Mnr. Khaya Ngqula, voormalige uitvoerende hoof, se kaartehuis het inmekaargetuimel toe die vakbond Satawu ’n verslag met klagtes teen hom en ander senior bestuurslede by me. Brigitte Mabandla, destydse minister van openbare ondernemings, ingedien het.

Volgens Engelbrecht sal die verhouding tussen die uitvoerende hoof en die direksie in staatsondernemings weer ontleed moet word.

Die probleem is dat die onderliggende wetgewing ten opsigte van staatsondernemings nie aandag gee aan korporatiewe beheer nie.

’n Direksie kan nie net sê “dit is nie ons probleem nie”.

Sy sê die direksie van enige maatskappy kan sy verantwoordelikhede delegeer, maar hy kan dit nié doen met sy aanspreeklikheid nie.

Dit is die direksie wat moet toesien dat sy uitvoerende hoof sy gedelegeerde magte uitvoer.

Berigte en bespiegelinge oor verkwistende besteding by die SAL het die ronde gedoen geruime tyd voordat die forensiese ondersoek gelas is.

Engelbrecht, wat voorheen aan die hoof van die Instituut vir Direkteure was, sê nie-uitvoerende direkteure bevind hulle in uiters onbenydenswaardige omstandighede.

“Hulle mag nie op ’n daaglikse grondslag betrokke raak by die onderneming nie en moet besluite neem op grond van die inligting wat hulle van die bestuur kry.”

Dit is belangrik om te weet in watter mate die nie-uitvoerende direkteure die regte vrae gevra het om vertroue te kry in die inligting wat aan hulle verskaf is.

Die besluite wat hulle neem op grond van die inligting wat aan hulle gegee word, moet die bepalings van die wet in ag neem. Dit moet ook in die beste belang van die onderneming wees.

In die SAL se geval is dit duidelik dat van die besluite nié in die beste belang van die lugdiens was nie. Die direksie het eers in Februarie 2009 die forensiese ondersoek aangevra, hoewel daar toe reeds lankal vermoedens van ongerymdhede was.

Die SAL se ouditeur, Deloitte, het in 2006 en in 2010 verslae aan die Onafhanklike Reguleringsraad vir Ouditeure (ORO) gestuur waarin onreëlmatighede aangemeld is.

Die ORO het die verslae gestuur aan sekere ministers, onder andere mnr. Alec Erwin, destydse minister van openbare ondernemings, en mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies.

Die nasionale tesourie het vandeesweek gesê die finale verantwoordelikheid vir die hantering van die kwessie van onafhanklike ouditeure, is die direksie van die SAL.

Mnr. Jabulani Sikhakhane, kommunikasiehoof van die nasionale tesourie, sê gegewe die onlangse gebeure (die openbaarmaking van die KPMG-verslag), is die nuwe direksie wel besig om die kwessies te hanteer.

Volgens die departement van openbare ondernemings het die 2006-verslag gehandel oor die SAL se verkrygingsbeleid, wat nie “billik, deursigtig, mede­dingend of kostedoeltreffend” was nie.

Die direksie het die nodige stappe gedoen om die verkrygingsbeleid te verbeter.

Dit is in Maart 2007 en in November 2007 aan die staande komitee oor openbare rekenings voorgelê. Op dié vergaderings is indringende vrae oor onder meer prestasiebonusse van R60 miljoen gevra.
  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
Alle kommentaar moet goedgekeur word voordat dit sal vertoon
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dond 17:44

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...