SA moet goed besin oor Olimpiese Spele

Suid-Afrika het so pas die Wêreldbeker-sokkertoernooi suksesvol aangebied.

Wat kan jý doen met 'n miljoen?

Woeker met jou aandele in Sake24 en Sanlam iTrade se Wat kan jý doen met ’n miljoen?-kompetisie en jy is dalk R100 000 ryker.
Waar's ek? Sake24.com

Son skyn in VSA; aswolk blom in Europa

Apr 19 2010 06:22 Bert Ferreira Druk hierdie artikel  |  Stuur artikel via e-pos

Verwante Artikels

 

Wall Street bly optimisties – soveel so dat dit een van die min wêreldmarkte is wat verlede week positief gesluit het.

En talle waarnemers voel dat die Amerikaanse markte genoeg krag het om nóg matig te styg.

Die Dow Jones het vir die grootste deel van verlede week stewig bo die belangrike 11 000-merk beweeg.

Ondanks die nuus van siviele bedrogklagtes teen die geldreus Goldman Sachs, het die Dow Vrydag ook bo 11 000 punte gesluit.

Die klagtes teen Goldman Sachs moet nog bewys word, maar dit het onmiddellik ’n negatiewe reaksie by die beleggerspubliek uitgelok. Die ellende van die afgelope resessie word juis voor die deur van finansiële instellings gelê.

Die strenger regulering van finansiële instellings was tydens die wêreldwye ekonomiese insinking gereeld ter sprake en sal nou sekerlik nuwe momentum kry.

Pres. Barack Obama het Vrydag reeds volgens Sapa-AFP gesê dat hy wetgewing wat nie streng genoeg is teen twyfelagtige finansiële instrumente nie, summier sal veto.

Vrydag was om ander redes ook ’n donker dag wêreldwyd.

Afgesien van die klagtes teen Goldman Sachs was daar ook die skrikwekkende wolk wat die vulkaan in Ysland oor die hele Europa en selfs verder gooi.

Die sover onberekenbare skade wat lugdienste gaan ly, kan die markte negatief beïnvloed. Daarbenewens kan die gevolge van die as-wolk na ander belangrike ekonomiese bedrywighede oor die hele Europa uitbrei.

Europa is reeds getref deur verskeie van sy lande wat gebuk gaan onder swaar staatskuld. Griekeland, wat die onrus begin het, is steeds ’n bron van kommer en lande soos Portugal, Spanje, Italië en Ierland beleef ook ernstige probleme.

Dit veroorsaak dat daar konstante druk op die euro is.

Die enigste werklike goeie nuus verlede week het uit die VSA gekom – in die vorm van verskeie kwartaalverslae wat positief ontvang is.

Intel, die elektroniese reus, se wins in die eerste kwartaal was byna vier keer so groot as ’n jaar gelede.

Die aluminiumvervaardiger Alcoa se resultate het effens teleurgestel en Google het dalk ook nie aan die baie hoë verwagtinge voldoen nie, maar Bank of America het bygedra tot die verwagting dat die res van die kwartaalverslae oor die volgende paar weke goeie verrassings gaan lewer.

Baie waarnemers verwag dat vandeesweek op Wall Street nog sterk positief kan wees.

Sapa-AFP berig dat winsneming ’n rol kan speel, maar dat dit nie genoeg sal wees om die opwaartse momentum te keer nie.

In die week word verskeie belangrike ekonomiese aanwysers in die VSA ook bekend gemaak, waaronder produsentepryse en verkope van nuwe en bestaande huise.

Verlede week het die Dow met 0,2% gestyg tot 11 019, die S&P het met 0,2% teruggesak maar die Nasdaq het met 1,1% gestyg.

In Asië het China se ekonomiese groeikoers van 11,9% in die eerste kwartaal kommer gewek. Hoewel die inflasiekoers in China laag is, kan die skerp groeikoers ’n aanduiding wees dat China gedwing kan word om sy ekonomie af te koel. En die vrees bly dat as groei in China verlangsaam, die wêreld se herstel uit die resessie ’n ernstige terugslag kan beleef.

Singapoer se ekonomie het in die jaar met 13% gegroei en sy aandelemark het die afgelope week met 2,8% geklim.

Mynmaatskappye in Europa het die week onder druk gekom. Anglo American se aandeelprys het die week met 3,2% gesak. BHP Billiton het met 4% gesak en Rio Tinto met 3,8%.

Die Londense FTSE-indeks het verlede week met 0,5% gesak, die Paryse CAC 40 met 1,6% en die Duitse Dax met 1,1%.

Die Johannesburgse Effektebeurs het nie te sleg gevaar vergeleke met die Bric-lande nie. Die JSE se indeks van alle aandele het met 0,8% gedaal vergeleke met Shanghai wat met 0,5% gedaal het, die Brasiliaanse Bovespa wat 2% verloor het en die Moembaise BSE30 wat met 2,3% gesak het.

  • page

 

Lewer kommentaar

(Geen kru taal of haatspraak nie, asb.)
 
Naam *
E-pos *
Kommentaar *
 

Vul asb. die teks hieronder in

Captcha image
*
 
 

Vrywaring

Sake24.com moedig die vryheid van spraak en die uiting van uiteenlopende sienings aan. Die sienings van gebruikers op Sake24.com is dus hulle eie s'n en verteenwoordig nie die sienings van Sake24.com nie. Sake24.com monitor alle inskrywings en neerhalende inskrywings sal afgehaal word. Inskrywings wat vulgêre taal, diskriminerende sienings of skeltaal bevat, sal verwyder word.

Indekse

Laas Opgedateer: Dins 15:56

Kyk na datablaaie

Maatskappye-Kitsblik

Compare and Buy

Compare and apply for hundreds of financial products from many suppliers.

Credit cards Medical aid Current accounts Think Money
Loading...