Johannesburg. - Dr. Ben Bernanke, voorsitter van die Federale Reserweraad, gaan na verwagting Woensdag aandui dat hoewel ekonomiese
data versag het, is dit in pas met ’n matige herstel in werkskepping in die
land, het ekonome gesê.
Internasionale markte sal Bernanke Woensdag dophou wanneer hy die
Amerikaanse kongres inlig oor die jongste siening van die ekonomiese situasie in
dié land.
Volgens ontleders sal hy waarskynlik verwys na ’n onlangse groei in
vervaardiging, besighede wat weer geld op toerusting uitgee en verbruikers wat
meer meer koop.
Daar word ook verwag dat hy waarskynlik sal aandui dat
verbruikersbesteding ingeperk sal bly deur ’n swak arbeidsmark, lae toegang tot
krediet en lae vlakke van vertroue.
Baie maatskappye in die VSA het egter al aangedui hulle verwag
beter as verwagte inkomste.
Aan die ander kant is die syfers van groepe soos Goldman Sachs nie
indrukwekkend nie.
Onlangse data dui ook daarop dat aktiwiteit in die behuisingsmark
afneem. - I-Net Bridge