Petrolprys styg
2009/11/27 12:24:00 PM
Johannesburg. – Motoriste het Vrydag slegte nuus gekry wat hul vakansieplanne kan versuur.
Die departement van minerale en energie het bekend gemaak die petrolprys gaan volgende week met 27c per liter styg.
Die kleinhandelprys van diesel met 'n swaelinhoud van 0,05% gaan met 25c per liter styg. Die prys van diesel met 'n swaelinhoud van 0,005% gaan met 26c per liter verhoog word.
Die groothandelprys van paraffien gaan met 29c per liter styg. - Sapa
