Liberty International ontken dat hy ’n ontsmeltingstrategie volg om die Britse groep meer aantreklik te maak vir potensiële kopers, maar ontleders meen die skuif sal min waarde andersins bied.
Vyf jaar gelede was die opkomende markte net vir “randfigure en malles” in die beleggingswêreld om in te belê.
Die konstitusionele hof het ’n beslissing rakende dumping-regulasies gegee wat in effek die regering se mag bevestig het om te besluit oor heffings wat daarop gemik is om dumping te verhinder.
Me. Siza Mzimela, die SAL se nuwe uitvoerende hoof, is gekap nadat sy nie in die parlement verskyn het oor bewerings van pryssamespanning tussen lugdienste voor die Wêreldbeker-sokkertoernooi nie.
Sakevertroue het in die eerste kwartaal die grootste styging in 16 jaar getoon, volgens die Buro vir Ekonomiese Ondersoek en Rand Aksepbank se sakevertroue-indeks vir die eerste kwartaal van vanjaar.
Die toekoms van kernkrag in SA is vaag en onduidelik en dit moet so spoedig moontlik opgeklaar word, meen ’n onafhanklike energiekonsultant.
WOEF! 'n Britse hond op Hampstead Heath in Londen. Die Britse regering wil voorstel dat alle honde-eienaars in die land verplig moet word om hul honde van identiteits-mikroskyfies te voorsien en dat honde-versekering verpligtend gemaak moet word. Foto: MATT DUNHAM, AP
’n Konstruksie-eis van die Bombelakonsortium oor “vertragings en ontwrigtings” met die bou van die Gautrein word deur die Gautengse regering as “oneg” beskryf.
Stewige groei in volumes het die huismark in Februarie verdere woema gegee, het Absa se huisprysindeks getoon.
Nuwe kernkragkapasiteit is op pad in Suid-Afrika. Die probleem is egter waar ons die geld gaan kry om te betaal daarvoor.
’n Dreigende konstruksie-eis kan die lewensvatbaarheid van die Gautrein in gedrang bring.
Verbruikerskuld aan munisipaliteite is meer as 2% van die BBP en moet dringend aandag kry.
AngloGold Ashanti sal dit oorweeg om sy portefeulje myne wêreldwyd te ontknoop.
Markte lyk of dit met spysverteringsprobleme sukkel omdat dit al hoe wisselvalliger word.
’n Eis van meer as R10 miljard teen die Gautengse regering is glo op pad.
Slaggate rig al meer skade aan verbruikers se voertuie én hul beursies aan.
Mnr. Shan Ramburuth, hoof van die Mededingingskommissie, sê daar word van die kommissie verwag om verder as sy wettige pligte op te tree in gebiede wat hul eie nywerheidsreguleerders het.
Die Britse eiendomsbeleggingsgroep Liberty International het aangekondig hy gaan in twee sake-eenhede verdeel, Capital Shopping Centres en Capital & Counties.
Die vlootbestuurmaatskappy Digicore het ’n moeilike ses maande agter die rug, maar glo dat die ergste van die krisis nou verby is.
Ceramic Industries se teëlproduksie en -verkope het in die ses maande tot einde Januarie fluks verloop, met veral kookwater-syfers uit Australië.
Die ontbondeling van Mvelaphanda Resources is uitgestel tot ten minste die tweede helfte van 2010 vanweë die groep se dispuut met die Khumama-konsortium oor die terme van die Booysendal-transaksie.
FirstRand se verdienste vir die ses maande tot einde Desember 2009 het met 1% gestyg tot R4,6 miljard.
V: Betaal jy jou munisipale-diensterekening gereeld?