Voorblad
Mar 11 2010 00:00
As jy tien jaar gelede in Old Mutual belê het, sou die belegging nou minder werd gewees het as die bedrag wat jy toe daarvoor betaal het. Dis 'n verdoemende oordeel oor sy mislukte globaliseringstrategie, wat aandeelhouers minstens R100 miljard gekos het aan verkrygings en daaropvolgende kapitaalinspuitings sedert sy rampspoedige Londense notering in 2000. Nog 'n rekening van ongeveer R8 miljard vir kumulatiewe korporatiewe koste sedert demutualisering is nie hierby ingesluit nie.
Reklame en Bemarking
Feb 25 2010 00:00
VERLEDE jaar was sleg vir die reklamebedryf. Ons almal weet dit. Maar dit was dalk nie so erg soos ons gevrees het nie. Die Adex-syfers wat pas deur Nielsen Company bekend gemaak is, toon dat die totale mediareklamebesteding met minder as 1% tot R24,4 miljard gedaal het. Met ander woorde dis feitlik onveranderd.
Maatskappye
Mar 11 2010 00:00
'N JAAR kan 'n lang tyd wees in die lewe van 'n kleinkapitalisasiemaatskappy. Vra maar vir die bemagtigingsbeleggingsmaatskappy Tiso, wat seker nog broos voel oor sy transaksie in Januarie 2009 waarin hy 'n strategiese belang van 25,1% in African Cellular Towers (ACTowers) verkry het.