Wie is ons

Sake24 is die finansiële bylae wat daagliks in Beeld, Die Burger en Volksblad verskyn. Die publikasie het 'n daaglikse sirkulasie van 218 000 koerante en 'n leserskap van 779 000 mense, waarvan 70% in die LSM 8-10-inkomstegroep val. Sake24 bereik ook 38% van mense wat daagliks 'n sakepublikasie lees.

Dié lesers is uiters lojaal en 84% van die lesers maak eksklusief op Sake24 staat vir nuus uit die sakewêreld.

Afrikaans

Afrikaans is die huistaal van 4,65 miljoen Suid-Afrikaners. Net Xhosa en Zulu is die taal wat meer in kombuise regoor die land gehoor word. Engels is die huistaal van 3,6 miljoen mense.

Verspreiding

Sake24 is nie net die enigste Afrikaanse finansiële dagblad in Suid-Afrika nie, maar ook die enigste finansiële publikasie wat in al nege provinsies versprei word. Die provinsiale leserskap word hieronder aangegee:

Leserstal

Sake24

Business Day

Business Report

Wes-Kaap

282 000

11 000

132 000

Oos-Kaap

35 000

4 000

16

Noord-Kaap

28 000

0

1

Gauteng

260 000

108 000

676 000

Mpumalanga

50 000

13 000

65 000

Limpopo

23 000

2 000

74 000

Noordwes

38 000

4 000

64 000

KwaZulu-Natal

4 000

6 000

111 000

Vrystaat

59 000

5 000

44 000

Bron: AMPS2008

Eksklusiewe leserskap

Sake24 se lesers is uiters lojaal en min lees ander dagblaaie. Altesame 87,4% lees geen ander dagblad nie. Altesame 26% van Sake24 se lesers kom uit voorheen benadeelde gemeenskappe. Die grafiek hieronder wys die oorvleueling van Sake24-lesers met dié van ander finansiële dagblaaie.

SOURCE: AMPS2002A

Sake24.com

Sake24.com bied aan Sake24-lesers 'n unieke inligtingsdiens om op hoogte van brekende nuus te bly. Dié webblad is die grootste Afrikaanse finansiële nuusdiens op die internet en ontvang reeds meer as 86 000 unieke besoekers elke maand. Dié leserstal is besig om vinnig te groei.

Finansiële sake

Afrikaanssprekendes het reeds diep spore in die Suid-Afrikaanse ekonomie getrap en is 'n sleutelteikenmark vir die meeste ondernemings. Die volgende statistiek oor Afrikaanssprekendes bewys dit:

  • Die groep is vyf keer meer geneig om op die JSE te belê as die gemiddelde Suid-Afrikaner
  • 12% het beleggings in effektestrusts
  • 19% spaar in aftreefondse met of sonder lewensversekering
  • 23% belê in pensioenfondse
  • Die groep is drie keer meer geneig om rekeninge deur hul selfone, landlyne of die internet te besigtig.

Maatskappye-kitsblik

Blogs